|
|
|
REKENAARS Gerhard Oberholzer Twee rekenaarsentrums met altesame 36 rekenaars word ingespan om ons leerlinge voor te berei vir 'n toekoms waar rekenaargeletterdheid en kennis van die inligtings- en kommunikasie węreld absoluut onontbeerlik sal wees. Ons behartig 'n Lokale Area Netwerk met linux server. Elke leerder het 'n eie unieke gebruikersnaam en wagwoord om toegang tot persoonlike lęers te verkry, asook 'n persoonlike e-pos adres. Hier fokus ons op een of twee temas per kwartaal per graadgroep. Temas word saamgestel sodat vaardighede in rekenaargeletterdheid, met die gebruik van toepaslike sagtewareprogramme, aangeleer en ingeoefen kan word. In samewerking met inligtings- en kommunikasievaardighede, navorsing op internet en e-pos, word Rekenaaronderrig 'n belewenis en optimaal aangewend tot voordeel van ons leerders. Elke leerder het dus 'n rekenaar tot sy/haar beskikking in elk van die twee lokale. Ons is deeglik daarvan bewus dat daar geen waterdigte beskerming in die vorm van sagteware teen misbruik van die internet is nie, maar ons gebruik 'n sagtewareprogram om toegang tot ongewenste webtuistes te blokeer. Ons glo dat daar geen plaasvervanger is vir konstante toesig en monitering wanneer ons leerders die internet gebruik nie.
|