|
|
|
RAPPORTE & TERUGVOERING Verslagdoening rakende elke leerder se skolastiese vordering en ontwikkelingsproses geskied kwartaalliks. In die bepaling van 'n bevorde-ringspunt word die deurlopende evaluering en eksamen in ag geneem. Ouers kry die geleentheid om, per afspraak, voor die Maart- en Junie vakansies onderskeidelik, 'n leerder se vordering persoonlik met die klasleerkrag te bespreek. Raadpleeg die Jaarprogram vir 2006 om hierdie datums te besigtig. |