|
Omsendbrief 9/2010
10 Februarie 2010
Geagte
Ouers
“MY
SCHOOL”-PROJEK 2010
Dit is met groot
opgewondenheid dat ons vandag weer eens die “My School”-projek aan u
bekend stel. Dit is regtig baie eenvoudig en kan duisende rande vir die
skool inbring as dit reg gebruik word. Al wat u moet doen, is om die
kaartjie by deelnemende winkels te toon en ‘n persentasie van u aankope
word dan aan ons skool toegewys.
Daar is reeds baie van ons
ouers wat aan hierdie projek deelneem. U ontvang gereeld
korrespondensie van “My School” om die bykomende besighede aan u bekend
te stel. Soos u sal sien, is daar reeds baie deelnemende winkels en
besighede in ons dorp soos, o.a. Woolworths.
U sal met ons saamstem dat
dit ‘n wonderlike projek is. Daar is geen administrasie van die skool se
kant af wat onderwysers se onderrigtyd in beslag neem nie. Die skool
ontvang net elke maand ’n bedrag geld! Dit is verblydend dat besighede
aan projekte soos dié deelneem, sodat die finansiële las op skole verlig
kan word.
Vergewis uself van die
deelnemende besighede en gebruik die “My School”-kaartjie daar asseblief.
Ons sal u op hoogte hou van die geld wat ontvang is en waarvoor dit
gebruik is. Ondersteun asseblief hierdie projek – u kind gaan daarby
baat.
|
Gr. 4 |
Vul asseblief die meegaande vorm in en stuur dit teen Woensdag
24 Februarie terug skool toe, vir aandag: Mev. M. Kleinhans |
|
Gr. 5, 6 en 7 |
U
behoort reeds ‘n kaart te hê, maar indien u ‘n vorm benodig, vra
u kind om een by mev. Kleinhans te kom haal asseblief. |
Vriendelike groete
(Mev.) M. Kleinhans
J.C. Swart
BEMARKING
SKOOLHOOF
|