|
Omsendbrief 7 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Geagte Ouer
SPORT-/KULTUURBORGSKAPPE 2010 Die Laerskool Durbanville poog en strewe om aan alle spanne gelyke geleenthede in alle sportkodes te bied. Ons neem dus die vrymoedigheid om u as ouer/maatskappy te nader om aan te dui of u finansieel betrokke wil raak by die borg van ‘n span se uitrusting, funksie of toerusting. Ons glo ons skool se prestasies op sport- en kulturele gebied sal vir u maatskappy goeie blootstelling gee. 1. ALGEMEEN
2. AANBRING VAN BORGEMBLEME · Rugby: Op rugbytruie mag die borg se logo voor op die truie in volkleur dwars oor die bors verskyn. · Geen logo’s van borge mag op rugbyborde aangebring word nie. · Netbal: Embleme mag agterop in die nek van die top aangebring word. · Hokkie: Embleme mag agterop in die nek van die top aangebring word. · Krieket: Die borgembleem sal regs op die bors verskyn. · Spelers se name of spelernommers mag op die een kopkant van ‘n Laerskool Durbanville-sportsak met die borg se logo in een kleur op die teenoorgestelde kopkant aangebring word. 3. VERSKAFFER · Een verskaffer van toerusting soos bepaal deur Laerskool Durbanville se klerebank en klerekomitee sal gebruik word om gehalte en eenvormigheid t.o.v. die klere en standaardisering van die kleure van items te verseker. · Geen toerusting wat nie deur die Laerskool Durbanville se klerekomitee goedgekeur is, sal toegelaat word nie. · Indien wysigings met die aanbring van ‘n borg se logo of naam vereis word, moet dit deur Laerskool Durbanville se klerekomitee goedgekeur word. 4. ADDISIONELE TOERUSTING · Toerspanne mag benewens die standaard toerusting soos truie, rompe, hemde en sportsakke ook kledingstukke vir die duur van die spesifieke toer dra wat as amptelike toerdrag beskou word. · Sodanige amptelike toerdrag moet deur die Laerskool Durbanville se klerekomitee goedgekeur word om te verseker dat dit binne die riglyne, soos hierbo aangedui word, val. 5. KOSTE 5.1 Sport (alle items sluit die borduur-; druk en advertensieoste koste in). Pryse onderhewig aan verandering.
Ons benodig borge vir rugby-, netbal-, hokkie-, gholfdag en gholfspanne sowel as vir die 0/13A-krieketspan en die koor. Sien antwoordstrokie indien u in dié verband behulpsaam kan wees. 5.2 Funksies/Sportbyeenkomste Borgskappe vir die volgende byeenkomste/funksies word benodig. Alle items, funksies en byeenkomste sal die borg se naam/logo dra.
· Drama: Sterre 2010-konsert @ R5 000 · Hokkie: Serpoorhandigingseremonie @ R 5000 · Gazebo: 3m x 3m @ R5 500 · Netbal-/tennisbane x 3 @ R1 000 elk vir ‘n tydperk van 1 kalender jaar. Voorwaardes geld. · Sport spanne wat nie hieronder vermeld word nie.
6. SPORTSPANNE EN FUNKSIES WAT REEDS BORGE VIR 2010 ONTVANG HET
Indien u belang stel om betrokke te raak by ‘n sportspan, funksie of toernooi d.m.v. ‘n borgskap, voltooi asseblief meegaande antwoordstrokie en stuur terug voor of op Vrydag 5 Februarie . Ons sal met u in aanraking kom m.b.t. die totale koste en skriftelike ooreenkoms. Vir enige navrae kontak SLEGS vir Pieter Swart (koördineerder van borgskappe) by sel: 0721599189 of per e-pos pietersw@durbieland.com. Ons maak staat op u samewerking om te verseker dat alle sportspanne, funksies en toernooie van Laerskool Durbanville die Durbie-etos en gees sal uitdra. Vriendelike groete
P.M. Swart J.C. Swart PORTEFEULJEHOOF : BORGE SKOOLHOOF
LAERSKOOL DURBANVILLE BORGE : SPORTSPAN / KULTUUR / FUNKSIES Ek, ………………………………………. (naam en van), stel belang om betrokke te raak by ‘n borgskap soos hieronder aangedui. Ek verbind my tot die betaling van sodanige borgskap soos uiteengesit in ‘n geskrewe ooreenkoms wat tussen my en Laerskool Durbanville opgestel word en wat die borgskapvoorwaardes uiteensit.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||