|
Omsendbrief 4 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Omsendbrief 4/2010 19 Januarie 2010
Geagte Ouer FONDSINSAMELINGS EN DONASIES 2010
Meningspeilings in die verlede het daarop gedui dat ouers inligting wil bekom van tentatiewe bedrae van uitgawes wat moontlik deur die jaar deur hul aangegaan moet word. Ons gee dus aan die begin van elke jaar aan u omsendskrywe 4 deur sodat u u finansiële beplanning t.o.v. bogenoemde kan doen. Ontvang dus hiermee die skool se beplanning insake bogenoemde vir die jaar 2010.
Durbanville-groete
A. Winterbach J.C. Swart DEPARTEMENTSHOOF : FINANSIES SKOOLHOOFBYLAE A
PROJEKTE 2010
1. ALGEMEEN
1.1 Items gemerk met * is van toepassing op die hele skool met ‘n keuse. Alle ander items teiken ‘n spesifieke groep.
1.2 Items gemerk met # is slegs van toepassing op alle seuns of alle dogters.
1.3 Civvie-dae se geld word vir welsyn aangewend. Dit sal 2 keer per kwartaal wees. In 2009 is die gelde gebruik vir verdienstelike geverifieerde gevalle in ons eie skool, Durbanville Kinderhuis en die gedeeltelike borg van ‘n administratiewe beampte vir Attie van Wyk Primêre Skool.
1.4 Met graadverkopings sal geen koek of enige bydrae van die ouers gevra word nie. Op graadverkopingsdae funksioneer die snoepie nie. Grade (onderwysers) koop produkte aan wat aan leerlinge verkoop word. Leerlinge wend dus hul normale snoepiegeld aan om produkte te koop. Skenkings van ouers word aanvaar.
1.5 Graadverkopinggelde word vir opvoedkundige opvoerings aangewend in Gr. 4, 5 en 6. Gr. 7 se gelde word aangewend vir ‘n afskeidsgeskenk vir die skool.
1.6 Projekte waar gelde gevra word, word in die meeste gevalle deur komitees bedryf wat ‘n spesifieke doel voor oë het om fasiliteite vir ‘n spesifieke groep leerlinge te verbeter. Dit bevorder ouerbetrokkenheid en leer leerlinge en ouers om medeverantwoordelikheid te aanvaar.
1.7 Foto’s (sien asseblief einde Mei en Augustus) moet as ‘n “diens” gesien word. Daar word reeds bemerk dat ouers baie selektief koop. Ons ondersteun dit. Leer u kind dat hy/sy keuses moet maak en nie geregtig is om alle dinge wat hy/sy wil hê, te ontvang nie.
1.8 ‘n Ooreenkoms (kontrak) asook ‘n werksuiteensetting is met fotograwe, wat by ons skool foto’s neem, aangegaan. ‘n Prosedure is onderhandel t.o.v. kostes, hoeveelheid, ens.
1.9 Volgens ‘n Beheerliggaambesluit geneem tydens ‘n Beheerliggaamvergadering op 14 Augustus 2006, moet die sportkomitee van ‘n betrokke sportkode die inisiatief neem om ‘n sporttoer te reël en moet hulle betyds ‘n sakeplan aan die finansiële komitee voorlê vir goedkeuring. Die besluit is geneem dat geen speler uit ‘n toerspan gelaat mag word a.g.v. finansiële redes nie.
2. PROJEKTE 2010
|