Omsendbrief 29:

 

                                                    PRIMARY SCHOOL

_______________________________________________________________________

Weyerslaan                                                  Telefoon  976 8115  Telephone                                                Weyers Avenue

Durbanville  7550                                                                                                                                                               Durbanville  7550

                                                                                             

Faks / Fax:  021- 975 1706 (Kantoor / office)                                                     E-pos / E mail: office@durbieland.com

___________________________________________________________________________________________________________                 

                                                                                   

Omsendbrief 29/2010                                                                                                     19 Julie 2010

 

 

Geagte Ouer

 

 

KURRIKULUMSAKE

 

 

1.                   GESYFERDHEID EN GELETTERDHEID

 

Alhoewel ons skool uitstekende resultate behaal het in die vorige Nasionale Diagnostiese Toetse in Huistaal en Wiskunde, is ons hele onderrigprogram geskoei op die handhawing van verbetering daarvan.  U as ouer speel ‘n sleutelrol in die uitbouing van u kind/ers se lees-, skryf- en wiskundige vaardighede.  Daar is baie wat ‘n gesin tuis kan doen om hierdie vaardighede uit te bou.

 

Die WKOD het o.a. die volgende wenke deurgegee:

 

·         Bly ingelig oor akademiese program en wees vertroud met u kind/ers se tuiswerk.

·         Toon entoesiasme aangaande skool- en tuiswerk.

·         Help kind/ers met tydsbestuur.  Moenie dat hulle uitstel tot op die laaste nippertjie nie.

·         Rig ‘n stil, rustige studiearea in met al die nodige skryfbehoeftes byderhand.

·         Moet nooit u kind/ers se huiswerk vir hulle doen nie;  kontroleer of dit wel gedoen is en ondersteun waar nodig.

·         Moedig kind/ers aan om elke dag te lees en stel belang in hul leesstof.  Dit is ook ‘n goeie geleentheid om aan te sluit by die uitbouing van waardes.

·         Besoek die Biblioteek dikwels.

·         Stel realistiese doelwitte vir u kind/ers en bespreek dit gereeld.

·         Bemoedig kind/ers en prys spesifieke prestasies, maar erken ook vordering.

 

2.                   BESIGTIGING VAN FORMELE ASSESSERINGSTAKE

 

Gedurende die eerste en tweede kwartale is daar formele besigtingingsgeleenthede geskep waartydens u as ouers na die klaskamer kon kom om u te vergewis van u kind se vordering in die formele assesseringstake.

 

Gedurende die derde kwartaal het ons nie so ‘n middag geskeduleer nie en kan u die klasonderwyser/es kontak indien u die take wil besigtig voor die toetsreeks.  Aangesien die kwartaal eers twee weke na die toetsweke eindig, sal daar dus nog formele assesseringstake na die toetsreeks gedoen word.  Die assesseringsprogram is so opgestel dat die verskillende take nie elke keer dieselfde kennis en vaardighede toets nie.

 

Maak gebruik van die ouerbesoekaande om enige verdere vrae/kwessies rondom u kind/ers se akademiese vordering met die klasonderwyser/es te bespreek.

 

 

 

 

 

3.                   TOETSDATUMS EN ASSESSERINGPROGRAM

 

Vir u gerief, sluit ons elke graad se toetsrooster (Bylae A) van die derde kwartaal hierby in.  Die werksafbakening vir die toetse sal later aan leerders gegee word.

 

U ontvang ook die kwartaal se tentatiewe assesseringsprogram (Bylae B).  Soos u reeds ingelig is, is dit slegs ‘n tentatiewe program, aangesien heelwat veranderlikes ‘n rol speel in die onderrigprogram.

 

4.                   WAARDESPROJEK

 

Ons skool beskik oor waardes-armbandjies wat gedra mag word.  Hierdie bandjies is teen R10 elk by die finansiële kantoor beskikbaar.

 

5.                   CONQUESTA OLIMPIADE

 

Die Conquesta Olimpiade-vraestelle sal gedurende die loop van die derde kwartaal geskryf word sodra die vraestelle ontvang is.  Slegs leerders wat daarvoor ingeskryf het, sal hieraan deelneem.  Aangesien heirdie ‘n Nasionale Diploma is, word antwoordstelle in Bloemfontein nagesien en sertifikate word eers teen die einde van die jaar ontvang.

 

6.                   AANPASSINGS AAN NASIONALE KURRIKULUM

 

Daar is ‘n paar aanpassings wat vanaf volgende jaar aan die Nasionale Kurrikulum gemaak gaan word.  Hierdie veranderinge is reeds deur die media aangekondig, maar die skool wag nog op amptelike dokumentasie vanaf die WKOD.  Die hoofdoel van hierdie aanpassings is om meer tyd te skep vir die vaslegging van skryf- en syfervaardighede.  Die skool verwelkom hierdie veranderinge.  U sal weldra dienooreenkomstig ingelig word.

 

7.                   ASSESSERINGSVERSLAG : LEWENSORIëNTERING

 

‘n Assesseringsverslag rakende elke leerder se motoriese vaardighede soos opgestel deur me. C. Vermeulen word ook hierby aangeheg (Bylae C).

 

Kurrikulumgroete

 

 

 

 

 

(Mev.) L. Bester                                                             J.C. Swart

KURRIKULUMLEIER                                                     SKOOLHOOF

 

 

 

 

 

BYLAE A

 

 

 

 

TOETSROOSTER : DERDE KWARTAAL

 

GRAAD 4

 

 

Dinsdag 31 Augustus

 

 

English First Add. Language

 

Woensdag 1 September

 

 

Wiskunde

 

Donderdag 2 September

 

 

 

Vrydag 3 September

 

 

Afrikaans Huistaal (Taal en Spel)

 

Maandag 6 September

 

 

Afrikaans Huistaal (Taal en Spel)

 

Dinsdag 7 September

 

 

S.W. Aardrykskunde

 

Woensdag 8 September

 

 

 

Vrydag 10 September

 

 

N.W.

 

 

 

 

 

 

TOETSROOSTER : DERDE KWARTAAL

 

GRAAD 5

 

 

Dinsdag 31 Augustus

 

 

Wetenskap

 

Woensdag 1 September

 

 

Huistaal

 

Donderdag 2 September

 

 

First Additional Language

 

Vrydag 3 September

 

 

EBW

 

 

Maandag 6 September

 

 

Sosiale Wetenskappe

 

Dinsdag 7 September

 

 

Kuns en Kultuur

 

Woensdag 8 September

 

 

Wiskunde

 

Vrydag 10 September

 

 

 

  BYLAE A

 

 

 

 

TOETSROOSTER : DERDE KWARTAAL

 

GRAAD 6

 

 

Dinsdag 31 Augustus

 

 

 

Woensdag 1 September

 

 

 

Donderdag 2 September

 

 

EBW

 

Vrydag 3 September

 

 

First Additional Language

 

Maandag 6 September

 

 

Sosiale Wetenskappe

 

Dinsdag 7 September

 

 

Huistaal

 

Woensdag 8 September

 

 

Natuurwetenskappe

 

Vrydag 10 September

 

 

Wiskunde

 

 

 

 

 

 

 

 

 

BYLAE A

 

 

 

 

TOETSROOSTER : DERDE KWARTAAL

 

GRAAD 7

 

 

Dinsdag 31 Augustus

 

 

Tegnologie

 

Woensdag 1 September

 

 

Kuns en Kultuur

 

Donderdag 2 September

 

 

Engels

 

Vrydag 3 September

 

 

Afrikaans

 

Maandag 6 September

 

 

EBW

 

Dinsdag 7 September

 

 

Natuurwetenskappe

 

Woensdag 8 September

 

 

Sosiale Wetenskappe

 

Vrydag 10 September

 

 

Wiskunde