Omsendbrief 18

Tuis/ Home Terug/ Up 

Omsendbrief 18/2008                                                                                  6 Mei 2008

 

 

Geagte Ouers

 

 

DATABASIS

 

 

Ons dateer ons data op die skool se databasis twee maal per jaar op en wil u versoek om u nuutste inligting aan te bring.  Die huidige inligting word in liggrys in die betrokke velde aangedui.  Gaan dit asseblief deur en verander waar nodig.  Indien daar enige oop spasies is, sal ons dit waardeer indien u dit ook kan invul.

 

Ons wil in die toekoms meer van elektroniese kommunikasie gebruik maak.  Wees asseblief so vriendelik om in die toepaslike blokkie aan te dui watter van die vader OF moeder se epos-adres en selfoonnommer as ‘n verteenwoordigende kontak gebruik kan word.

 

Vorms moet asseblief op Vrydag 9 Mei 2008 aan die betrokke klasonderwysers terugbesorg word.

 

Baie dankie by voorbaat.

 

 

Vriendelik die uwe

 

 

 

 

(Mev.) W. Theron                                                       J.C. Swart

DATASEKRETARESSE                                        SKOOLHOOF