Omsendbrief 27:

Omsendbrief 1
Omsendbrief 2
Omsendbrief 3
omsendbrief_4.htm
Omsendbrief 5
Omsendbrief 6
Omsendbrief 7
Omsendbrief 8
Omsendbrief 9
Omsendbrief 10
Omsendbrief 11
Omsendbrief12
Omsendbrief 13
Omsendbriewe 14
Omsendbrief 15
Omsendbrief 16
Omsendbrief 17
Omsendbrief 19
Omsendbrief 20
Omsendbrief 21
Omsendbrief 18
Omsendbrief 22
Omsendbrief 23
Omsendbrief 24
Omsendbrief 25
Omsendbrief 26
Omsendbrief 27
Omsendbrief 28
Omsendbrief 29
Omsendbrief 30
Omsendbrief 31
Omsendbrief 32

Omsendbrief 27/2010                                                                                                     20 Mei 2010

 

 

Geagte Ouer

 

 

SKOOLURE MET EKSAMEN : 31 MEI TOT 8 JUNIE 2010

 

 

In 2009 het alle skole in ons onderwysdistrik (OBOS) ‘n skrywe (gedateer 4 Mei 2009) van die direkteur, mnr. B. Volschenk, ontvang om eenvormige skoolure in die eksamentyd daar te stel aangesien skole hul eie maatreëls daargestel het wat verwarring veroorsaak het.  Dit was ‘n positiewe stap om praktiese riglyne daar te stel.  Laerskool Durbanville het pro-aktief opgetree (jaarbeplanning, Omsendbrief 23/2010 insake die eksamen gedateer 4 Mei 2010) en u ooreenkomstig bogenoemde skrywe ingelig.  Om maksimale onderrigtyd daar te stel, het ons besluit om eksamen so laat as moontlik in die tweede kwartaal te skryf en  te verhoed dat drie of meer dae “geskep” word waar leerders met “ekstra programme” besig gehou moet word.

 

Die pas aangestelde onderwyshoof (direkteur-generaal), mev. P. Vinjevold, het egter nou opdrag gegee dat alle skole in die Wes-Kaap vanaf Junie 2010 die volgende maatreëls moet toepas:

 

  • Hoërskole mag in die eksamen nie vroeër as 13:00 sluit nie.
  • Laerskole mag in die eksamen nie vroeër sluit nie en in ons geval dan wel nie vroeër as 14:00 nie.
  • Alle doserende personeel moet tot 15:00 (normale akademiese werksure) by die skool wees.

 

Die Laerskool Durbanville is bly dat daar nou eenvormige eksamenreëlings in die hele provinsie sal wees.  Die Laerskool Durbanville sal dus nie meer in die eksamen (31 Mei tot 8 Junie) om 13:00 sluit nie, maar wel om gewone tyd, nl. 14:00.  Hiermee versoek ons dan nou ook dat geen hoërskoolleerders (ook ouers) laerskoolleerders by die skool vroeër as 14:00 moet kom afhaal nie.  Die volle dag (08:00-14:00) sal deur Laerskool Durbanville vir eksamenverwante aktiwiteite benut word.

 

Hierdie “nuwe” sluitingstyd in die eksamen het ook ‘n effek op die Voorbereidingskool wat reeds hul ouers volgens die “ou” maatreëls ingelig het om by ons aan te pas en ons vra opreg verskoning vir enige ongerief veroorsaak.

 

Skole wat nie die nuwe maatreëls volg nie, tree dus teen neergelegde beleid op.

 

Sterkte met u werksaamhede.

 

 

Vriendelik die uwe

 

 

 

 

J.C. Swart

SKOOLHOOF