Omsendbrief 26:

 

Omsendbrief 1
Omsendbrief 2
Omsendbrief 3
omsendbrief_4.htm
Omsendbrief 5
Omsendbrief 6
Omsendbrief 7
Omsendbrief 8
Omsendbrief 9
Omsendbrief 10
Omsendbrief 11
Omsendbrief12
Omsendbrief 13
Omsendbriewe 14
Omsendbrief 15
Omsendbrief 16
Omsendbrief 17
Omsendbrief 19
Omsendbrief 20
Omsendbrief 21
Omsendbrief 18
Omsendbrief 22
Omsendbrief 23
Omsendbrief 24
Omsendbrief 25
Omsendbrief 26
Omsendbrief 27
Omsendbrief 28
Omsendbrief 29
Omsendbrief 30
Omsendbrief 31
Omsendbrief 32

Omsendbrief 26/2010                                                                                                     17 Mei 2010

 

 

Geagte Ouer

 

 

PARKERING

 

 

Verkeersvloei: Ons versoek ouers vriendelik om verkeersreëls te alle tye te gehoorsaam wanneer u kinders by die skool aflaai, veral op dae wanneer dit reën en daar hoë volumes verkeer in Weyerslaan is. Ons aanvaar dat ouers hulle kinders so na as moontlik aan die skool wil aflaai, maar u samewerking in hierdie verband sal waardeer word. Hou asseblief die volgende in gedagte:

 

1.         Moenie op rooi lyne of direk voor hekke parkeer nie, selfs nie as u u kind net aflaai nie.

2.         Moenie die skoolterrein binnery nie - dit veroorsaak baie erge verkeerprobleme en ongerief vir vele.

3.         Wanneer u rondom die skool parkeer moet u asseblief so parkeer dat u ander persone wat ook daar ry, of daar wil parkeer, in ag neem. Soms word die verkeersvloei totaal geblok deur een persoon wat onnadenkend parkeer.

4.         Moet asseblief nie op die skolierpatrollie se oorgang parkeer nie.

5.         Die parkeeraanduidings op die kerk se parkeerterrein sal binnekort aangebring word sodra die weer dit toelaat. Wees asseblief baie konsidererend wanneer u in die interim daar parkeer.

 

Die skool het in samewerking met die Stad Kaapstad se munisipaliteit 'n area voor die sportgronde afgebaken (paaltjieheining) sodat die leerders daar veilig kan wag, geskei van die verkeer. Ouers het ongelukkig somtyds op die sypaadjie met hul motors inbeweeg. Leerders sal versoek word om vir hul veiligheid in die area te wag.

 

U positiewe samewerking sal baie waardeer word.

 

 

Vriendelik die uwe

 

 

 

 

C.J. Fourie                                                                    J.C. Swart

ADJUNKHOOF                                                              SKOOLHOOF