Omsendbrief 23:

Back Next

Junie eksamen Gr.4 Junie eksamen Gr.5 Junie eksamen Gr. 6 Junie eksamen Gr.7

Afrikaans
Akademie
Borge
Geselskamer
Klerebank
Jaarprogram
Leerderkomitee
Nasorg
Ons Skool
Ouergids
Personeel
Skoolkwartale 2010
Sport
Durbie Aksie
Kunsklub
Pa en seun

Omsendbrief 23/2010                                                                                                     4 Mei 2010

 

Geagte Ouer

 

EKSAMEN : JUNIE 2010

 

Soos u reeds ingelig is, strek die Junie-eksamen van Maandag 31 Mei tot Dinsdag 8 Junie 2010.  Ten einde ons leerders die geleentheid te gee om hulself deeglik voor te berei, verskaf ons hiermee die werksafbakening (Bylae A).

 

Graag bring ons ook die volgende reëlings onder u aandag:

 

  • Alle akademiese werk sal afgehandel wees teen Woensdag 26 Mei 2010.  Gedurende die laaste week voor die eksamen mag daar moontlik nog moduletoetse geskryf word, wat terselfdertyd sommer as hersiening dien.

 

  • Vanaf Maandag 31 Mei tot Dinsdag 8 Junie eindig die skooldag om 13:00.  Die WKOD het toestemming verleen dat alle skole, wat Junie-eksamen skryf, om 13:00 mag sluit met dien verstande dat die tyd aangewend word vir studie.  Geen alternatiewe reëlings t.o.v. akkommodasie vir leerders vanaf 13:00-14:00 sal soos in die verlede getref word nie, daar die amptelike skooltyd in die eksamen vanaf 08:00-13:00 is.  Geen leerders mag langer as 15 minute voor die skool staan en wag vir ouers om hul te kom oplaai nie.  U moet asseblief alternatiewe reëlings tref.

 

  • Gedurende die eksamen word die Nasorg bedryf soos altyd en sal dan vanaf 13:00 oop wees.

 

  • Die skool sluit op Woensdag 9 Junie om 11:00.  Rapporte sal op Donderdag 15 Julie 2010 uitgehandig word.

 

Ons doen ‘n beroep op ouers/voogde om nie leerders voor Woensdag 9 Junie 2010 uit die skool te haal nie.  Leerders wat afwesig is tydens die eksamen, MOET ‘n doktersertifikaat inhandig.  Volgens departementele riglyne mag vraestelle nie op ander tye geskryf word nie en alternatiewe reëlings geld dan vir die bepaling van ‘n finale assesseringspunt.  Eksamen is ‘n vaardigheid waaraan ons ons leerders wil blootstel en ons moedig leerders aan om dit met die nodige erns te bejeën.  Toestemming vir dringende privaatsake sal slegs in uitsonderlike gevalle verleen word en dit moet skriftelik aan die skoolhoof gerig word.

 

Bewaar asseblief hierdie skrywe sodat u hierna kan terugverwys om sodoende onnodige oproepe uit te skakel.

 

Vriendelik die uwe

 

 

           

(Mev.) L. Bester                                                             J.C. Swart

KURRIKULUM                                                               SKOOLHOOF