|
Omsendbrief 22/2010
20 April 2010
Geagte
Ouer
DATUMVERANDERINGS : SPORT EN KULTUUR
SPORT
Met die
wêreld se grootste sportgebeurtenis wat vanaf 11 Junie 2010 tot 11 Julie
2010 in Suid-Afrika gaan plaasvind, verg buitengewone omstandighede (buitengewone
lang vakansie) buitengewone beplanning.
Die
sportprogram van die tweede kwartaal eindig op Saterdag 29 Mei met ‘n
rugbywedstryd teen Laer Seunskool Paarl (Boishaai). Ander sportkodes
word voor die tyd afgehandel aangesien wedstryde op weeksdae plaasvind (sportdae
uitgesluit). Maandag 31 Mei 2010 begin die leerlinge met hul
Junie-eksamen. Daar is besluit dat geen sport- of kultuuroefeninge
tydens die eksamen sal plaasvind nie. Hierdie besluit bring mee dat die
leerlinge vir 7 weke geen fisiese oefening sal hê nie aangesien die
vakansie reeds op 9 Junie 2010 begin en die skool eers weer op 13 Julie
2010 open (eksamen wat 2 weke duur en die vakansie wat 5 weke lank is).
Met
bogenoemde in gedagte het ons as sportafrigters gevoel dat ons reeds aan
die einde van die vakansie met sportoefeninge wil begin aangesien ons
reeds aan die einde van die eerste week van die derde kwartaal (17 Julie
2010) wedstryde teen Paarl Gimnasium het. Dit is dus van die uiterste
belang dat ons vroeg met ons oefeninge moet begin.
Die
volgende datums is van belang:
-
Donderdag 8 Julie 2010
-
Vrydag 9 Julie 2010
-
Maandag 12 Julie 2010
‘n
Volledige program van die oefentye sal te gelegener tyd aan u deurgegee
word. Die normale sportprogram sal vanaf Woensdag 14 Julie 2010 gevolg
word.
Maak
asseblief ook seker dat u die Gene Louw-sportdag van 1 Mei 2010 in u
dagboek aanteken. Dit is per ongeluk op sommige skrywes uitgelaat.
KULTUUR
Die
jaarprogram vir 2010 is reeds in November 2009 gefinaliseer. Sekere
datums het a.g.v. redes buite ons beheer verander en wil ons die datums
graag aan u deurgee vir u beplanning:

Tweede
kwartaal
-
29 April - Kooroptrede by
Hoërskool Durbanville
-
6 Mei - Kooroptrede by Gene
Louw
-
11 Mei - Kooroptrede by Tygerberg
Eisteddfod
-
19 Mei - Kooroptrede by
Stellenbosch (14:00-19:00)
-
22 Mei - Ma- en dogteroggend
Derde
kwartaal
-
23
Julie - Koorkamp
-
24
Julie - Koorkamp (sonder rugbyspelers)
-
26
Julie - Sangeisteddfod (Biblioteek van
Laerskool Durbanville)
-
30
Julie - ATKV Applous GEKANSELLEER
ALGEMEEN
Ons wil u
as ouers vra om die nodige veranderings op u beplanning aan te bring en
wil ons ‘n vriendelike versoek tot u rig om u kinders te ondersteun met
hul verskillende aktiwiteite. Die kinders waardeer u teenwoordigheid by
hul sport- en kultuuroptredes.
Vriendelik
die uwe
A.
Winterbach
J.C. Swart
DEPARTEMENTSHOOF : SPORT SKOOLHOOF
|