|
Omsendbrief 21: |
|||||||||||
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Omsendbrief 21/2010 19 April 2010
Geagte Ouers
DURBIE AKSIE 2010 : WYNVEILING
Op Donderdag 3 Junie 2010 bied die Durbie Aksie 2009-fondsinsamelingskomitee hulle tiende jaarlikse wynveiling te EENSGEZIND-onthaalsaal, Durbanville ten bate van Laerskool Durbanville aan. Hierdie fondsinsamelingspoging was die laaste nege jaar ‘n fenominale sukses.
Hoogtepunte van die 2010-veiling is as volg:
Ons het die vrymoedigheid om ‘n beroep op alle ouers te doen om ons op een of meer wyses te ondersteun, soos aangedui op die aangehegte antwoordstrokie. Maatskappye wat ‘n tafel bespreek sal advertensiespasie op die tafel ontvang. Kelders wat wyn skenk sal advertensiespasie in die elektroniese katalogus tydens die wynveiling ontvang. Sodanige maatskappye sal ook geskakel word aan die skool se webwerf vir 1 kalenderjaar. U is welkom om ‘n tafel van 10 te bespreek @ R1 600,00, of ‘n individuele bespreking @ R160,00, te doen. Slegs tafels waarvan die gelde ontvang is, sal gereserveer word. Voltooi asseblief die antwoordstrokie en ons sal onverwyld met u in verbinding tree.
Die opbrengs van die wynveiling word direk aangewend vir projekte in belang van die leerders van Laerskool Durbanville. Stuur asseblief u antwoordstrokies aan Pieter Swart. Vir enige navrae skakel asseblief met:
Madri Mijburgh : 0824548840 (e-pos : mhomemail@mweb.co.za) Pieter Swart : 0721599189 (e-pos : pietersw@durbieland.com)
Vriendelik die uwe
P.M. Swart M. Mijburgh J.C. Swart SKAKELONDERWYSER VOORSITTER SKOOLHOOF DURBIE AKSIE 2010 DURBIE AKSIE 2010
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Is bereid om wyn vir die wynveiling te skenk. (Goeie enkelbottels is welkom – 750 ml – 5ℓ . Een bottel per huisgesin stel ons in staat om ‘n uitstekende wynveiling te hê.)
Is bereid om ‘n ander versamelstuk, bv. ‘n rugbytrui, vir die wynveiling te skenk/in te samel.
Het kontakte by wynkelder(s) en kan daar ‘n skenking van wyn kry.
Is gewillig om ‘n tafel van 10 gaste bymekaar te kry vir die wynveiling (R1 600).
Individuele besprekings (R160 per persoon). Aantal gaste: ………………..
|
JA |
|
NEE |
|
MOET ONS
DIE WYN KOM AFHAAL?
NAAM VAN OUER: ……………………………………………..
KONTAKNOMMER: ……………………………………………..
FAKSNR.: ……………………………………………..
E-POS: ……………………………………………..
NAAM VAN LEERDER: …………………………………….. GR.: …………...
KLASONDERWYSER/ES: ……………………………………………..
BEDRAG INGESLUIT: ……………………………………………..
(Tjeks uitgemaak aan: Laerskool Durbanville)
Elektroniese betalings: ABSA Durbanville
Rekeningnr.: 1410670115
Taknr.: 334810
Verwysing: U naam/wynveiling
Faks depositostrokie na (021) 975-1706, Vir aandag : Pieter Swart
|
Sodra u bedrag ontvang is, sal ‘n tafel vir u bespreek word.
|
…………………………………….. …………………………………..
HANDTEKENING DATUM
STUUR ASSEBLIEF ANTWOORDSTROKIES NA MNR. P.M. SWART