|
Omsendbrief
20/2010
15 April 2010
Geagte
Ouers/Voogde
CONQUESTA 2010 MEERVOUDIGE KEUSEVRAE OLIMPIADES – GR. 4, 5, 6 EN 7
U kind,
wat tans een van die leerders van ons skool is, word genooi om deel te
neem aan die Conquesta 2010 Olimpiades vir Laerskole. Conquesta bied
nou vir die dertiende jaar ‘n professionele olimpiadediens aan
skole oral in Suid-Afrika, Namibië en Botswana, en volg ook die nuwe
onderwysbeleid, wat tans in skole dwarsoor die land in gebruik geneem
word. Die vakke wat gedek word, is gebaseer op Uitkomsgebaseerde
Onderrig (UGO) en verseker dat al die uitkomste en vaardighede deur die
vraestelle gedek word. Die olimpiades sal nie inmeng met die
skoolkurrikulum of –eksamens nie.
Leerlinge
kan aan ‘n maksimum van vier van die olimpiades deelneem.
Olimpiades word gedurende die derde kwartaal by die skool onder die
toesig van die skool se opvoeders geskryf.
Neem
asseblief daarvan kennis dat elke leerder wat deelneem, erkenning
sal ontvang – ‘n pragtige kleur gedrukte sertifikaat volgens sy/haar
prestasie soos hieronder uiteengesit: Alle leerders wat tussen 50% en
100% in enige vak behaal, se persentasie sal op sy/haar sertifikaat
verskyn langs die vak waarin dit behaal is, bv.:
Wiskunde : Diamant (79%)
|
SERTIFIKAAT VOLGENS EIE PRESTASIE |
|
85%-100% |
Platinum |
|
76%-84% |
Diamant |
|
70%-75% |
Goud |
|
60%-69% |
Silwer |
|
50%-59% |
Brons |
|
0%-49% |
Koper |
Tesame met
die sertifikate sal die skool ook ‘n alfabetiese lys van die deelnemende
leerders en hul grade (tesame met hulle punte behaal) ontvang, indien
hulle dit wil hou vir hulle rekords.
Aangesien
alle leerders nie akademies ewe sterk is nie, bied Conquesta hulle die
geleentheid om te presteer volgens sy/haar eie vermoë en erkenning
daarvoor, hoe gering ook al, te ontvang. As u graag vorige
vraestelle, vir verrykingsoefening, wil bestel, kontak Conquesta per
telefoon: (031) 764-1972.
Indien u
sou belang stel om u kind aan die Conquesta 2010 te laat deelneem,
voltooi asseblief die onderstaande vorm en stuur dit terug aan die skool
in ‘n koevert wat duidelik gemerk is “CONQUESTA-INSKRYWING”
tesame met die nodige gelde voor of op 22 April 2010.
Vriendelik
die uwe
(Mev.) L.
Bester J.C.
Swart
KURRIKULUMLEIER
SKOOLHOOF

CONQUESTA 2010 MEERVOUDIGE KEUSEVRAE OLIMPIADES – GR. 4, 5, 6 EN 7
Neem
asseblief kennis dat leerders vir een of meer (maksimum 4) olimpiades
kan inskryf.
VOLLE
NAAM: …………………………………………………………. GR.: ……………………
Plaas ‘n X in die blokkies van u keuse en voltooi asseblief ook die
inskrywingsfooikolom.
|
|
INSKRYWINGSFOOI |
|
Wiskunde 1 (Hoër Graad) |
|
@
R8 |
|
|
English Language 1 (Eerste Taal) |
|
@
R8 |
|
|
Afrikaans Taal (Eerste Taal) |
|
@
R8 |
|
|
Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis & Aardrykskunde) |
|
@
R8 |
|
|
**
Arts & Culture (net in Engels beskikbaar) |
|
@
R8 |
|
|
Lewensvaardighede |
|
@
R8 |
|
|
Natuurwetenskappe (Biologie & Wetenskap) |
|
@
R8 |
|
|
**
Bible Study (net in Engels beskikbaar) |
|
@
R8 |
|
|
**
General Knowledge (net in Engels beskikbaar) |
|
@
R8 |
|
|
**
Computer Literacy (net in Engels beskikbaar) |
|
@
R8 |
|
|
**
Eco. Mgt. Sciences (net in Engels beskikbaar) |
|
@
R8 |
|
|
Wiskunde 2 (Standaard Graad) |
|
@
R8 |
|
|
English Language 2 (Tweede Taal) |
|
@
R8 |
|
|
Afrikaans Taal 2 (Tweede Taal) |
|
@
R8 |
|
|
Plus die vereiste inskrywingsfooi |
R10 |
|
Totale bedrag van gelde ingesluit |
R |
VOORBEELD:
Sou u kind
dus vir 4 vakke inskryf, sal hy/sy R42,00 moet betaal:
R8,00 x 4
= R32,00
+ R10,00
= R42,00
**
Sedert 2009 is sekere vakke se vraestelle slegs in Engels
beskikbaar.
TJEKS
BETAALBAAR AAN: LAERSKOOL DURBANVILLE
|