|
Omsendbrief 2 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Omsendbrief 2/2010 14 Januarie 2010
Geagte Ouer
BETALING VAN SKOOLFOOIE VIR 2010
Dis ‘n nuwe skooljaar met nuwe verpligtinge. Soos altyd het die skool ook finansiële verpligtinge en word ons genoodsaak om die aangeleentheid van skoolfooie as ‘n saak van dringendheid te beskou.
Wetlik is die totale skoolfonds vooruit betaalbaar voor 1 Maart van elke jaar. Ons besef egter dat dit ‘n groot eenmalige uitgawe is en daarom vergun meeste skole dan ook vir ouers die geleentheid om dit maandeliks in gelyke paaiemente te kan betaal.
Die volgende betaalwyses sal vir 2010 se skoolfooie geld:
Skoolgeld kan as volg vereffen word:
1. DEBIETORDERSTELSEL
Ons wil graag die debietorderstelsel aanmoedig. Die voordeel vir die skool is ‘n gesonde maandelikse kontantvloei en tydbesparing t.o.v. invorderings.
1.1 Ouers reeds op debietorderstelsel
Ouers wat reeds d.m.v. die debietorderstelsel hul skoolfonds gedurende 2009 betaal het, hoef nie weer ‘n vorm te voltooi nie. Die bedrag sal slegs aangepas word na R885.
1.2 Nuwe ouers
Slegs ouers wat nog nie 'n debietordervorm voltooi het nie moet ‘n vorm by mev. I. Esterhuizen afhaal. Hierdie nuwe debietordervorms moet teen 22 Januarie 2010 by die finansiële kantoor ingehandig word. Kontroleer asseblief u bankstaat vir die eerste aftrekking op 29 Januarie 2010.
2. INTERNETBETALING / DIREKTE INBETALING
Indien u ‘n direkte of internet-inbetaling van skoolfooie eenmalig (R8 400) doen, moet die rekeningnommer (NIE die leerder se naam NIE) van u staat baie duidelik aangetoon word as verwysingsnommer. Ons bankbesonderhede is as volg:
ABSA Bank Durbanville Rekeningnr.: 1410 670 115 Bankkode: 334810
Faks of e-pos die strokie as bewys van betaling na faksnommer 086 646 6554 of e-posadres accounts@durbieland.com.
3. KONTANTBETALINGS
Ons beveel aan dat kontantbetalings, vir sekuriteitsdoeleindes, DIREK BY DIE BANK GEDOEN moet word. Sien punt 2 vir bankbesonderhede. Indien dit onmoontlik is om aan eersgenoemde versoek te voldoen, kan u ook op die volgende wyses betaal:
· ‘n kontantbetaling direk by mev. I. Esterhuizen, waarop ‘n kwitansie onmiddellik aan u uitgereik sal word.
· per toegeplakte koevert. Die volgende besonderhede moet op die koevert verskyn: Naam, graad, rekeningnommer en bedrag. Die rekeningstaat en die korrekte betaling moet in die koevert wees.
Die koevert moet deur die leerder self in die posbus geplaas word wat binne die skool langs die hoofingangkantoor aangebring is. Sodra die betalings geprosesseer is, word ‘n kwitansie aan die klasonderwyser oorhandig wat dit dan weer aan die leerder sal besorg. Maak asseblief seker dat u ‘n kwitansie ontvang.
Ons wil egter ernstig versoek dat kontantbetalings by die skool tot ‘n minimum vir sekuriteitsdoeleindes beperk word.
4. AGTERSTALLIGE REKENINGE
Agterstallige rekeninge hou baie onnodige kostes vir beide die skool en u as ouer in. Ons wil u daarom aanmoedig om u rekening op datum te hou of 'n reëling met mev. I. Esterhuizen te tref.
Die onus om aansoek te doen om skoolfondsverligting berus by die ouer en nie die beheerliggaam nie. Die beheerliggaam sal so 'n aansoek oorweeg, gegewe die inligting voorgelê en bepaal of die ouer vir verligting kwalifiseer. Die beheerliggaam beskou agterstallige rekeninge in 'n ernstige lig en sal, in terme van Artikel 41(1) van die Skolewet teen sodanige ouers optree indien hulle nie by hul reëlings hou nie. Hierdie agterstallige rekeninge sal aan ons debiteure- invorderaars oorhandig word. Rente en administratiewe koste sal vir u rekening by die saldo gevoeg word.
Indien ‘n rekening oorhandig word, sal hierdie rekening deur die skool se onafhanklike skuldinvorderaar vir die res van die finansiële jaar hanteer word. Alle korrespondensie en invorderings sal na die oorhandiging die taak van die skuldinvorderaar word. Aangeheg is die prosedure wat gevolg sal word met agterstallige rekeninge. Sien Bylae A.
5. Rekeningnavrae kan gerig word aan mev. Esterhuizen tussen 07:30 en 14:30. Verstrek asseblief u verwysingsnommer by alle navrae.
6. Indien u adres of telefoonnommers verander, moet u mev. Esterhuizen onmiddellik in kennis stel.
7. Finansiële hulpvorms kan by mev. Esterhuizen in die finansiële kantoor aangevra word. Voltooide finansiële hulpvorms moet voor 26 Februarie 2010 by mev. Esterhuizen ingehandig word. Sy sal u verder begelei en u besonderhede aan die Beheerliggaam se finansiële komitee deurgee vir evaluering. Dit is u as ouer se verantwoordelikheid om die vorms betyds in te handig.
Ons wil die hoop uitspreek dat u vir ons u volle samewerking gaan gee om ons 2010-begroting te laat klop.
Vriendelik die uwe
H. Boshoff (Mev.) I. Esterhuizen VOORSITTER : FINANSIëLE KOMITEE DEBITEURE ADMINISTRATEUR
BYLAE A
LAERSKOOL DURBANVILLE
INVORDERINGSPROSES VIR SKOOLGELD 2010
Gedurende die jaar word enige rekening wat ‘n tweede paaiement agterstallig raak, vanaf Stap 5 hanteer.
|