|
Omsendbrief 18/2010
25 Maart 2010
Geagte Ouer
MOTORHEK BY
PARKEERTERREIN / KLOKTYE / LEERDERKONTROLE
1.
MOTORHEK
BY PARKEERTERREIN
Daar word tans ‘n nuwe
elektroniese motorhek by die toegangspunt na die parkeerterrein van die
personeel opgerig ter wille van groter sekuriteit en veiligheid vir
almal.
Hierdie toegangshek sal
dus nie meer in die oggend of na skool deur die leerders en ouers
gebruik kan word vir die aflaai/optel van leerders nie.
Ons versoek diegene wat
dit in die verlede gebruik het om liewer in die toekoms die toegangshek
op die kerk se parkeerterrein te gebruik.
Ons vertrou dat u dit so
in orde sal vind.
2.
KLOKTYE
Die eerste klok lui om
07:30. Hierdie klok dui vir die skolierpatrollie aan dat hulle na hulle
dienspunte in Weyers- en Van der Byllaan moet beweeg. Laerskool
Durbanville se skooldag neem elke dag om 07:55 ‘n aanvang en leerders
tree aan na hierdie klok. ‘n Tweede klok lui om 07:57 wat aandui dat
die leerders na hulle klasse moet instap. Ouers word daarop gewys dat
die klok elektronies werk en die akkuraatheid deur die kragvoorsiening
beïnvloed mag word.
3.
LEERDERKONTROLE
Die WKOD vereis dat die
teenwoordigheid van leerders daagliks gekontroleer word. Om hierdie
rede kontroleer die hoofleiers soggens of leerders betyds opdaag vir
skool om te bepaal of daar ‘n patroon by sekere leerders ontstaan. Die
hoofleiers sal daagliks vanaf 08:00 leerders wat laat opdaag vir skool,
se name aanteken om aan die WKOD-vereiste te voldoen.
Vriendelik die uwe
C.J. Fourie
J.C.
Swart
ADJUNKHOOF
SKOOLHOOF
|