|
Omsendbrief
17/2010
18 Maart 2010
Geagte
Ouers
OUERAAND : DINSDAG 23 MAART
2010
Ons
oueraand vind Dinsdag 23 Maart 2010 plaas. Indien u ‘n afspraak met u
kind se onderwyser verlang, gee ons die volgende reëlings vir u aandag:
-
Onderhoude sal in die klaskamers gevoer word tussen 14:30
en 19:00 ten einde soveel moontlik ouers te akkommodeer.
-
Onderhoude duur tien minute en u word vriendelik
versoek om dit nie te oorskry nie.
-
Voltooi asseblief die aangehegte vorm en besorg dit terug
teen Vrydag 19 Maart 2010.
-
Ons sal u teen Vrydag 19 Maart 2010 van u afspraaktyd in
kennis stel.
-
Vanweë die beperkte tyd wat ons aan onderhoude kan toestaan,
benader ons dit as ‘n geleentheid vir nouer akademiese skakeling. In
geval van werklike probleme (emosioneel, sosiaal, ens.) moet u
asseblief nie huiwer om ‘n spesiale afspraak te maak nie.
-
Die onderwysers wat praktiese vakke aanbied, tewete Kuns,
Tegnologie en Kultuur, sal ook beskikbaar wees. Indien u met hulle ‘n
afspraak wil maak, moet u asseblief so op die antwoordstrokie aandui.
Ons
vertrou dat u van hierdie geleentheid gebruik sal maak in belang van u
kind.
Durbanville-groete
C.J.
Fourie
J.C. Swart
ADJUNKHOOF
SKOOLHOOF

OUERAAND : 23 MAART 2010
|
GRAAD |
|
|
NAAM VAN KIND |
|
|
NAAM VAN OUER/VOOG |
|
|
KLASONDERWYSER |
VERLANGDE TYD |
|
|
|
PRAKTIESE VAKKE
(Merk asseblief met
‘n X die praktiese vakke waarvan u die onderwyser/es wil spreek) |
Tegnologie
Mnr. P. Swart (Slegs
Gr. 5-7) |
|
|
Kuns
Mev. H. de Bruijn |
|
|
Xhosa
Mev. L. Keet (Slegs
Gr. 4-6)
(L.W.: Slegs vanaf
17:00-19:00) |
|
|
Kultuur
Mev. B. Marais (Slegs
Gr. 5)
(L.W.: Slegs vanaf
17:00-19:00) |
|
|
Berader
Mev. J. Goosen
(L.W.: Slegs vanaf
17:00-19:00) |
Akademies |
|
Berading |
|
ANDER KIND/ERS
(Wie se
klasonderwyser/s u graag wil spreek) |
|
Gr. |
|
|
|
Gr. |
|
|
|
Gr. |
|
|
HANDTEKENING
OUER/VOOG |
|
|
DATUM |
|
|