|
Omsendbrief 16/2010
15 Maart 2010
Geagte
Ouer
VELDTOG OM MASELS EN POLIO UIT TE ROEI
Beamptes van die Nasionale
Departement van Gesondheid sal die skool op Woensdag 14 April 2010
besoek om die leerders teen masels en polio te immuniseer. Lees
asseblief die aangehegte inligtingsbrief in dié verband.
Dit bly egter u as ouer se
keuse om te bepaal of u kind ingeënt gaan word, al dan nie. Ons versoek
u dus vriendelik om die aangehegte inligtingstuk te lees en die
afskeurstrokie voor of op Vrydag 19 Maart 2010 aan die skool terug te
stuur sodat ons die nodige reëlings kan tref.
Indien u nie toestemming
wil verleen nie, kan u slegs u kind se naam op die antwoordstrokie invul
en ‘n streep daardeur trek. Ons kan dan sodoende verseker dat alle
ouers hierdie brief ter insae gehad het.
Vriendelik die uwe
C.J. Fourie
J.C.
Swart
ADJUNKHOOF
SKOOLHOOF
|