|
Omsendbrief
14/2010
9 Maart 2010
Geagte Ouers
DIE REGULASIE VAN
GEDEELTELIKE OF VOLLEDIGE KWYTSKELDING IN PUBLIEKE SKOLE
Hiermee word u deur die
skoolhoof en Beheerliggaam ingelig van die inhoud en proses van
gedeeltelike of volledige vrystelling, wat as ‘n regulasie gepubliseer
is in ‘n Staatskoerant Nr. 29311 van 18 Oktober 2006. volume 496. ‘n
Kopie van hierdie regulasies is ter insae by die skool se finansiële
kantoor beskikbaar.
1.
SKOOLGELDE
Gedurende ‘n
begrotingsvergadering wat op 9 November 2009 gehou is, is daar deur die
ouergemeenskap besluit dat die skoolgelde R8 850 per jaar sal bedra vir
2010. Hierdie bedrag is betaalbaar in gelyke paaiemente oor 10 maande.
‘n Eenmalige betaling van R8 400 is ingestel indien die volle jaarbedrag
voor 28 Februarie 2010 vereffen is.
2.
WETLIKE AFDWINGBAARHEID VAN SKOOLGELDE
Die skool is nie as ‘n
“geen skoolgelde skool” verklaar nie en skoolgelde is dus wetlik
afdwingbaar. Ouers wat nie kwalifiseer vir kwytskelding van skoolgeld
nie, word in terme van artikel 39 van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84
van 1996 verantwoordelik gehou vir die betaal van skoolgeld. In terme
van artikel 40 en 41 van die Suid Afrikaanse Skolewet, mag die
Beheerliggaam hierdie verantwoordelikheid wetlik afdwing.
3.
PROSEDURE VIR ALGEHELE OF GEDEELTELIKE VRYSTELLING VAN SKOOLGELDE
Om te kwalifiseer vir
algehele of gedeeltelike vrystelling, word die ouers se gesamentlike
jaarlikse bruto inkomste (punt 6.2 van die regulasie) as maatstaf
gebruik.
Die aansoekvorm om
vrystelling (wat slegs amptelik in Engels is) is beskikbaar by die
finansiële kantoor en moet volledig voltooi word en persoonlik by die
finansiële kantoor van die skool afgehaal en ingedien word.
Die Beheerliggaam sal
binne dertig (30) dae na ontvangs van die aansoek, die inligting verwerk
en ‘n besluit neem aan die hand van voorgeskrewe tabelle (punt 6.2(a)
van die regulasie).
Ouers wat van hierdie
opsie gebruik maak, het ook die reg om self die inligting met die
Beheerliggaam of betrokke komitee te bespreek, of ‘n verteenwoordiger te
benoem om dit namens hom/haar te doen.
Die Beheerliggaam het die
verdere verantwoordelikheid om binne sewe (7) dae nadat die besluit oor
vrystelling geneem is, dit skriftelik met die ouer te kommunikeer, asook
redes te verstrek vir sodanige besluit.
Indien ‘n ouer nie
kwalifiseer vir vrystelling nie, het die ouer die reg om binne dertig
(30) dae na die besluit van die Beheerliggaam appél aan te teken en te
rig aan die Onderwyshoof (WKOD) vir verdere oorweging.

4.
INVUL VAN BYLAE A
Volgens bogenoemde
regulasie, word van alle ouers verwag om Bylae A (slegs beskikbaar in
Engels) vir elke leerder te voltooi, nadat u uself van die inligting in
hierdie skrywe vergewis het. Leerders moet voltooide Bylae A-vorm teen
Vrydag 12 Maart 2010, by hul klasonderwyser inhandig. ‘n Kopie sal na
die Wes-Kaapse Onderwysdepartement gestuur word en u sal ‘n kopie
ontvang. Die oorspronklike vorm sal by die skool geliaseer word. Dit
is dus baie belangrik dat Bylae A so spoedig moontlik voltooi en na die
skool teruggestuur word.
5.
WAARDERING
Die ouergemeenskap word
hiermee bedank vir u lojaliteit en ondersteuning aan die skool. Dankie
aan al die ouers wat hul finansiële verantwoordelikheid aanvaar ter
wille van die realisering van die skool se doelwitte.
Verlede jaar was ‘n
uitdaging vir die skool rondom die invordering van skoolgelde.
Vrystelling moet gefinansier word as ‘n uitgawe-item op die skool se
jaarlikse begroting. Aansoek om vrystelling moet dus met groot
omsigtigheid deur ouers hanteer word.
Vriendelik die uwe
J.C. Swart
R. de
Lange H. Boshoff
SKOOLHOOF
VOORSITTER : BEHEERLIGGAAM TESOURIER : BEHEERLIGGAAM
ANNEXURE A
SOUTH AFRICAN SCHOOLS ACT, NO. 84 OF 1996
REGULATIONS FOR THE EXEMPTION OF
PARENTS FROM PAYMENT OF SCHOOL FEES
CHECKLIST
FORM *
(Mark with a cross in applicable box.)
|
1. |
Has
the principal informed you about the amount of the annual school
fees to be paid? |
YES
|
NO |
|
2. |
Has
the principal informed you that you are liable for the payment
of school fees unless you are totally exempted from paying
school fees? |
YES
|
NO |
|
3. |
Has
the principal informed you about your right to apply for
exemption from paying school fees? |
YES
|
NO |
|
4. |
Do
you wish to apply for such exemption? |
YES
|
NO |
|
5. |
Do you wish to be assisted in making
such application?
|
YES
|
NO |
|
6. |
Has
the principal provided you with the form (Annexure B) for
application for exemption? |
YES
|
NO |
|
|
|
|
|
|
_________________
_________________
Name of
Principal
Name of Parent
_________________
_________________
Signature of
Principal
Signature of Parent
Date:
____________
Date:
____________
School
stamp:
_________________
Name of Learner and Grade
* One
copy of the signed form will be handed over to the parent, another will
be submitted to the Head of Department or his or her delegate, and the
original will be filed at the school.
|