|
Omsendbrief 13/2010
4 Maart 2010
Geagte Ouer
DISSIPLINêRE STELSEL
U is reeds tydens ‘n vorige
skrywe ingelig aangaande ons dissiplinêre stelsel. Oortredings word
volgens graad van erns gegroepeer en punte toegeken daaraan.
Werksverslae word huis toe gestuur ter insae van elke ouer/voog. Indien
die leerder ses punte opgestapel het, moet hy/sy ‘n detensieklas bywoon.
Detensie is dus die aksie
wat geneem word nadat die leerder verskeie werksverslae ontvang het.
Die skool sien detensie as ‘n manier (die mees ernstigste behalwe ‘n
dissiplinêre verhoor) waarop leerders gedissiplineer word en ons verwag
dat u as ouers/voogde ons hierin sal ondersteun. Dissipline moet
uiteindelik lei tot selfdissipline en leerders moet hulself daaraan
onderwerp.
1.
PROBLEME WAT ONDERVIND WORD
Daar is in die verlede
probleme met die detensiestelsel ondervind. Hierdie probleme ontstaan
a.g.v. die volgende:
-
Leerders gee nie
detensie-kennisgewings aan ouers nie
-
Skool stuur wel ‘n SMS
aan ouer op die Donderdag voor ‘n detensieklas, maar ouer/voog het
dit nie ontvang nie
-
Leerders verontagsaam
detensieklas en bly net weg
-
Ouers gaan weg vir
naweek
-
Buitemuurse aktiwiteite
wat reeds lankal beplan is en wat volgens die ouer voorkeur moet
geniet.
2.
VERONTAGSAMING VAN DETENSIE/HERHAALDE DETENSIE
Die skool sien
verontagsaming van ‘n detensieklas in ‘n baie ernstige lig en wil daarom
die volgende stappe aan u deurgee:

-
Leerders wat nie opdaag
vir detensie nie, ontvang ‘n bykomende detensie (d.w.s. 6 punte)
-
Indien betyds
skriftelik verskoning gemaak word (sal net in uitsonderlike
gevalle aanvaar word) deur ouer/voog, sal graadhoof sy/haar
diskresie gebruik. Die leerder sal dan outomaties die volgende
detensieklas bywoon. Slegs een verskoning word aanvaar.
-
Indien ‘n leerder vir
‘n tweede keer detensieklas verontagsaam, moet die ouer/voog ‘n
paneel bestaande uit die klasonderwyser/es, graadhoof en
departementshoof kom spreek (dissiplinêre gesprek).
-
Leerders wat drie
detensies (18 punte) per kwartaal kry, se ouer/voog word
ingeroep deur die graadhoof ten einde oorsake te bespreek.
-
Indien hierdie optrede
nie die gewenste resultate oplewer nie, word die geval na die
beheerliggaam verwys vir ‘n dissiplinêre verhoor en u word
dienooreenkomstig ingelig.
Vriendelik die uwe
(Mev.) L.
Bester J.C.
Swart
KURRIKULUMLEIER
SKOOLHOOF
|