|
|
Omsendbrief 1
|
||||||||||||||||||||||||||
|
Omsendbrief 1/2010 13 Januarie 2010
Geagte Ouer
Welkom terug aan u almal. ‘n Spesiale woord van welkom aan diegene wat vanjaar die eerste keer by ons aansluit. Mag Ons Eie vir u ‘n tweede tuiste word en mag u en u kind/ers se drome hier verwesenlik word.
God se beste geskenke aan ons is nie dinge nie, dit is geleenthede (Alice W. Rollins). Mag Hy ons die krag gee om die vele geleenthede wat 2009 bied, aan te gryp.
Ontvang saam met hierdie skrywe die skool se jaarprogram (Bylae A). U sal bemerk dat dit ‘n besige jaar gaan wees waar weer eens op holisme gefokus word. Ons nooi u uit om saam met ons as personeel, die Beheerliggaam en die Durbie Aksie 2009-komitee te help skep aan ‘n milieu waarin almal van ons gelukkig is.
SEWE-DAG ROOSTER
Ons is reeds in 2007 genoodsaak om na ‘n sewe-dag rooster oor te skakel, ten einde al die klasgroepe in die rekenaar-, kuns- en tegnologielokale te akkommodeer. Hierdie gebruik word vanjaar voortgesit.
Ten einde die beplanning vir alle belanghebbendes te vergemaklik, is hierdie rooster reeds vir die hele jaar bepaal en daar sal nie hiervan afgewyk word nie. Indien ‘n akademiese dag weens onvoorsiene omstandighede verlore gaan, sal die rooster nie aangepas word nie.
Die roosterindeling vir 2010 word in Bylae A vervat. Dit word ook in die leerderdagboeke aangedui. Gedurende die eerste skoolweek sal daar geen roosterruilings wees nie. Die sewe-dag rooster sal op Woensdag 20 Januarie 2010 begin met die Dag 1-rooster.
EKSAMENREëLINGS
Aangesien daar heelwat ouers is wat hul vakansiereëlings lank voor die tyd maak, gee ons nou reeds die volgende aan u deur:
Gedurende die eerste kwartaal strek die toetsweke van 1 Maart tot 12 Maart 2010. Die Junie-eksamen sal strek vanaf Maandag 31 Mei tot Dinsdag 8 Junie 2010. Die skool sluit op Woensdag 9 Junie om 11:00. Rapporte sal gedurende die eerste week van die derde kwartaal op Donderdag 15 Julie 2010 uitgehandig word.
Gedurende die derde kwartaal strek die toetsweke van 30 Augustus tot 10 September 2010. Die November-eksamen sal strek vanaf Maandag 22 November tot Woensdag 1 Desember 2010. Die skool sluit op Vrydag 10 Desember 2010.
Die motivering vir bogenoemde is as volg:
NASIONALE KURRIKULUMVERKLARING
Die Nasionale Kurrikulumverklaring vereis dat elke leerder bewyse van prestasie aan die einde van die jaar tydens die bevorderings moet kan lewer. Leerders word versoek om hul portefeuljes deurlopend nougeset by te hou. Ons versoek ook u as ouer/voog om u kind hierin te ondersteun. Leerkragte sukkel soms met leerders wat take, notas of werkvelle verloor.
HANDBOEKE
Skole word wetlik verplig (Wysigingswet op Onderwyswette nr. 24 van 2005) om handboeke aan leerders te voorsien. Leerders moet hierdie handboeke goed oppas en oortrek met plastiek, aangesien dit nie hulle eiendom is nie. Dit word slegs aan ‘n leerder geleen en indien die handboek wegraak, is die leerder verantwoordelik vir die aankoop van ‘n nuwe handboek.
Die handboeke word in samehang met die modules gebruik. Die modules behou die bestaande formaat. Die voorblad, werkskedule, lesplan en assesseringsplan dui presies aan watter werk/vaardighede onderrig gaan word. Die formele assesserings word gebruik om die finale vorderingspunt kwartaalliks te bepaal.
Indien u enige verdere navrae het, is u welkom om die klasleerkrag tydens die inligtingsaande te nader.
ATLETIEK
Sien asseblief Bylae B.
Durbanville-groete
J.C. Swart SKOOLHOOF
BYLAE B
ATLETIEK 2010
1. DOEL
Die doel van ons atletiekbyeenkoms is massadeelname, die bou van ‘n gesonde kompeterende gees asook die blootstelling aan verskeie atletiekitems. Massadeelname in spanverband (ook op die pawiljoen) is dus ‘n prioriteit. So word ‘n positiewe gees aan die begin van die jaar gebou wat ons hoop sal deursyfer na alle aktiwiteite in 2010.
2. BYEENKOMSTE
Velditembyeenkoms (gekeurde atlete) : Maandag 25 Januarie 2010
Baanitembyeenkoms (alle leerders) : Dinsdag 26 Januarie 2010
Streek 7A-atletiekbyeenkoms vir spanatlete : Saterdag 6 Februarie 2010. Leerders ontvang inligtingsbriewe na die interhuisbyeenkoms. Eerste en tweede posisie kwalifiseer outomaties vir die 7A-byeenkoms.
3. ALGEMENE REëLINGS
Sifting vir die ouderomdsgroepe 0/11 – 0/13 vir deelname aan die interhuisatletiekbyeenkoms (veld en baan) het reeds gedurende die vierde kwartaal 2009 plaasgevind. Leerders wat kwalifiseer, is reeds in kennis gestel. Indien enige nuwe leerders ingeskryf is, moet hul op 21 Januarie 2010 by die oefening wees.
Massadeelname
Alle atlete (leerlinge) mag aan die volgende items deelneem. Elke leerder wat deelneem, verwerf punte vir sy/haar span. Leerders benadeel dus hul span as hul nie deelneem nie.
Die volgende items is vir massadeelname:
0/10 en 0/11 80 m naelloop 0/12 150 m naelloop 0/13 200 m naelloop
Items vir gekeurde atlete (Leerders wat reeds in 2009 gedurende vierde kwartaal gesif is.)
Hekkies: ± 12 atlete per item (4 per kleurgroep/huis)
Langafstande (800 m, 1200 m en 1500 m): ± 15 atlete (5 per kleurgroep/huis)
100 m naelloop: 18 atlete (twee uitdunne), d.w.s. 6 atlete per kleurgroep/huis
Velditems: ± 12 atlete per item (4 per kleurgroep/huis)
4. PROGRAM (13 Januarie tot 6 Februarie 2010)
(Mev.) B. van Dyk A. Winterbach J.C. Swart ORGANISEERDER DEPARTEMENTSHOOF : SPORT SKOOLHOOF
1 Desember 2009
|