|
Omsendbrief 11/2010
24 Februarie 2010
Geagte Ouer/Voog
VEILIGHEIDSMAATREëLS
Vanaf Maandag 15 Februarie
is toegang tot die skool (08:00 tot 15:30) slegs moontlik deur die
hoofhek (beheerde toegang).
Ter wille van die
veiligheid van alle leerders en die personeel by Laerskool Durbanville,
versoek ons u vriendelik om te alle tye by die sekretaresse aan te meld
wanneer u die skool besoek. U sal dan ‘n besoekerskaartjie ontvang
nadat u ingeteken het.
Besoekerskaartjies word na
die besoek by die sekretaresse ingehandig. Indien u die klerebank
besoek, handig u u besoekerskaartjie daar in.
Hierdie maatreël word
ingestel om te verseker dat ons weet wie die skool besoek en vir watter
doel die betrokke persoon daar is.
Ons sal dit waardeer indien
u ons in hierdie poging om die skool veiliger te maak, sal ondersteun.
SKAKELBORD
EN KOMMUNIKASIE
Ons ervaar daagliks ‘n baie
hoë getal oproepe na die skool. Die sekretaresses van die skool wil
graag die ouers behulpsaam wees. Nogtans voel ons dat ons ‘n
vriendelike beroep tot die ouers wil rig om die skool ook op hierdie
gebied te ondersteun.
Ons bring die volgende
onder u aandag:
-
Alle skoolinligting
word gereeld d.m.v. omsendbriewe aan die ouers gestuur. Vergewis
uself asseblief deeglik van die inhoud daarvan.
-
Die jaarbeplanning word
saam met die eerste omsendbrief van die jaar aan die ouers gestuur.
Bewaar dit vir latere verwysing. Daar word bitter selde, indien
enigsinds, daarvan afgewyk.

-
Die webtuise en “School
Communicator” op die internet is uiters handige bronne van inligting.
Raadpleeg dit voor u die skool skakel.
-
SMS’e word gereeld
gestuur. Slaan ag op die inligting wat aan u gestuur word.
Indien u egter steeds die
skool moet skakel, sal ons dit waardeer indien u van die verskillende
telefoonopsies korrek gebruik sal maak om die oproep direk na die
toepaslike persoon te kanaliseer:
Opsie 1 Finansiële
kantoor
Opsie 2
Sportkantoor (Mnr. Roux)
Opsie 3 Die hoof
se sekretaresse (Mev. Barnard)
Opsie 4 Mev. Horne
Opsie 5 Klerebank
(Mev. Boehme)
Opsie 6 Algemene
navrae
Ons bedank u by voorbaat
dat ons op u hulp en ondersteuning in hierdie verband kan staatmaak.
Vriendelik die uwe
C.J. Fourie
J.C. Swart
ADJUNKHOOF
SKOOLHOOF
|