|
Omsendbrief 10/2010
11 Februarie 2010
Geagte
Ouer/Voog
WERKVERSLAE
In die
toekoms sal alle werkverslae as ‘n rekenaardrukstuk aan u as ouers
gestuur word. Die Laerskool Durbanville het na die rekenaarstelsel
oorgeskakel ter wille van effektiwiteit en die konsolidering van data in
die skool.
Detensie
sal ook dienooreenkomstig deur die rekenaarstelsel bepaal word en u sal,
soos in die verlede, skriftelik in kennis gestel word indien u kind
detensie op ‘n spesifieke Vrydag moet bywoon.
Wanneer ‘n
leerder by die Laerskool Durbanville inskryf, onderteken hy/sy en sy/haar
ouers die gedragskode van die skool. Die nuwe gerekenariseerde
werkverslagsisteem sal, soos in die verlede, streng volgens die huidige
gedragskode van die skool toegepas word. Die enigste verskil is dat
punte nou aan oortredings toegeken word. Die punt vir ‘n oortreding
wissel volgens die graad van die oortreding, d.w.s. van minder ernstig
tot baie ernstig. Die puntetoekenning sal wissel van 2 punte vir minder
ernstige oortredings tot 12 punte vir ‘n baie ernstige oortreding. Sien
asseblief die aangehegte lys van oortredings soos bepaal deur die
gedragskode van die skool met die puntetoekenning toegeken aan die
verskillende oortredings. ‘n Leerder sal op detensie geplaas word na 6
punte aan hom/haar toegeken is, d.w.s. na 3 oortredings, soos in die
verlede.
Indien u
kind ‘n oortreding begaan, sal u ‘n gedrukte werkverslag vir die
spesifieke oortreding ontvang, wat u en u kind moet onderteken. Dit
moet die volgende dag aan die klasonderwyser terugbesorg word vir
liassering.
Hierdie
sisteem moet asseblief nie alleenlik as ‘n strafstelsel beskou word nie,
maar as ‘n sisteem wat moet lei tot korrektiewe aksie, selfdissipline en
begeleiding deur u as ouer en die personeel.
Dit moet
ook in gedagte gehou word dat die oorgrote meerderheid van die leerders
deur ‘n gegewe akademiese jaar gaan sonder dat hulle een keer op
detensie geplaas word.
Ons
versoek dat alle ouers die toepassing van die dissiplinêre sisteem tot
voordeel van u kind en die skool sal ondersteun.
Vriendelik
die uwe
C.J.
Fourie J.C. Swart
ADJUNKHOOF
SKOOLHOOF

|