OLSO

Tuis/ Home Terug/ Up 

OLSO-KLASSE
Naretha Bekker

Die Laerskool Durbanville wil die volle potensiaal van elkeen van sy ingeskrewe leerders ontgin. 

Dus word leerders met spesifieke uitvalle ook daagliks deur die OLSO-leerkrag uit die hoofstroom onttrek, om intervensie-programme ter versterking van die uitvalle te deurloop. Hierdie stelsel maak dit vir leerders moontlik om gekeur te word vir onderwys in skole soos bv. Westcliff, waar die fokus val op 'n praktiese loopbaangerigte kurrikulum.

Laerskool Durbanville het baie goeie skakeling met kundiges op die gebied van elke opvoedkundige dissipline en word uitmuntend bygestaan om aan leerders met spesiale onderwysbehoeftes die nodige hupstoot te gee.