|
|
|
Omsendbrief 11/2008 14 Februarie 2008
Geagte Ouer
KURRIKULUM
Te midde van uiters negatiewe mediaberigte rakende die onderwys en die standaard van onderrig in skole, is dit verstaanbaar dat u as ouer soms bekommerd is oor die kwaliteit van u kind se opvoeding en onderrig.
Ons wil u egter die versekering gee dat die Laerskool Durbanville jaloers waak oor ons standaarde en kwaliteit van onderrig. Deur deeglike beplanning, kontrole en beheer word die kurrikulum bestuur en geďmplementeer. Die werkskedules word voortdurend verfyn en assesseringsinstrumente geëvalueer. Die onderrig van basiese vaardighede bly ons prioriteit en daar word voortdurend gepoog om in voeling te bly met die behoeftes van die “millennium-leerder” wat in ons klasse sit.
Die onderrig fokus op die onderrig van kennis, lewensnoodsaaklike vaardighede, asook waardes en houdings. Morele waardes en norme is die onderbou van enige onderrig wat plaasvind en dit word voortdurend beklemtoon. Ook lę ons voortdurend klem op Christelike waardes en norme. Deur ons leerders holisties te ontwikkel, glo ons dat ons hulle paraat maak vir toekomstige uitdagings.
Negatiewe berigte rakende leerders se geletterdheids- en gesyferdheidsvaardighede blyk ook voortdurend voorbladnuus te wees. Hierdie syfers dui op ‘n baie breë veralgemening en ons kan u verseker dat die Laerskool Durbanville nie deel vorm van hierdie statistieke nie. Die afgelope drie jaar is ons Gr. 6-leerders ook onderwerp aan eksterne gestandaardiseerde geletterdheid- en gesyferdheidstoetse d.m.v. ‘n steekproef. Die diagnostiese toetsing is gebaseer op spesifieke vaardighede per graadvlak. Die gemiddelde uitslae van die toetsings wat reeds ontvang is, is as volg:
Uit bogenoemde blyk dit dat ons skool se uitslae ver bokant die gemiddeld van die streek en provinsie is. Laerskool Durbanville beskik oor goed gekwalifiseerde, professionele, bekwame en toegewyde opvoeders. Die milieu waarin opvoeders opereer is gestrukureerd en uiters bevorderlik vir leer en ontwikkeling. Ons wil u dus gerusstel en verseker dat die onderrig by die Laerskool Durbanville kerngesond en dinamies is! Ons waak jaloers daaroor.
Vriendelik die uwe
(Mev.) L. Bester J.C. Swart KURRIKULUMLEIER SKOOLHOOF |