














 |
Nasorgdiens vir leerders wie se ouers werk is 'n prioriteit by Laerskool
Durbanville. 'n Program word aangebied wat vir die kinders die
geleentheid bied om huiswerk onder toesig te doen en ook te ontspan.
Ligte verversings en koeldrank word gedurende die namiddag voorsien.
Leerders is egter welkom om ander kos, vrugte of koeldrank saam te
bring. 'n Mikrogolfoond en koelkas is beskikbaar. Die nasorg sal
gedurende skoolvakansies gesluit wees. |