Musiek Onderrig

Tuis/ Home Terug/ Up 

MUSIEKONDERRIG

Koördineerder: Anne-Marie Dippenaar
Fooie: Volgens instrument wat beoefen word

Personeel

Anne-Marie Dippenaar - Klavier en blokfluit en kitaar
Monét de Jongh - Klavier en Klawerbord
Ruthette du Toit - Dwarsfluit, Klarinet, Saksofoon, Kitaar, Klawerbord, Klavier
Riana Knoblauch - Klavier
Maggie Muller - Klavier

Linda Pieterse - Viool

Klavier en Klawerbord

Een of twee individuele halfuur lesse per week @ R43 per les. Leerders moet hul eie klawerborde besit. Teorie-onderrig is ingesluit.

Blokfluit

2 individuele halfuur lesse @ R43 per les. (Trap 4/Graad2 en hoër)
1 individuele les en een les in 'n groep  @ R37 per les. (Graad 1 en Voorgraad 1)
2 Groeplesse,   @ R25 'n uur. (Beginners)

Groepe word saamgestel op grond van leerders se vlak van vordering.

Dwarsfluit, Klarinet en Saksofoon

Leerders moet hulle eie instrument verskaf. Instrumentale onderrig word slegs aan Graad 6 en 7-leerders aangebied.
1 individuele halfuur les per week @ R43 per les.

Kitaar

1 Groeples per week  @ R25 per les. Leerders moet hulle eie kitaar besit.

Teorie-onderrig vir Dwarsfluit, Klarinet, Trompet, Franse horing, Eufonium en Tromboon

1 Groeples per week @ R28 per uur.

Evaluering word deurlopend gedoen en 'n vorderingsverslag sal aan die einde van elke semester aan ouers voorsien word. Leerders kan egter steeds vir eksterne eksamens en Eisteddfods ingeskryf word.