|
MISSIE
Laerskool Durbanville is bekend in hierdie
omgewing as die skool 'wat omgee'. Ons kinders is ons rykdom.
Onderrig word verskaf in die Intermediêre en
Senior Fase (Graad 4 tot 7).
Hier word kinders toegelaat om op hul eie unieke
manier tot jong tieners te ontwikkel onder die leiding van bekwame en
ervare leer- kragte.
Ons is in die unieke posisie om saam te werk met
die Voorbereidingskool Durbanville, www.wcape.school.za/dvprep wat 'n
Junior Primêre Kampus aanbied vir leerders van Graad 0 tot Graad 3.
Leerders wat toelating tot Laerskool Durbanville
verlang, moet:
Bereid wees om onderrig te ontvang, gefundeer op
'n Christelike wêreld-en lewensbeskouing; Afrikaans of Engels in
geskrewe en mondeling vorm kan weergee; Skolasties op standaard wees;
Nasionale- en skoolsimbole eerbiedig; Skoolbeleid en gedragskode
eerbiedig.
LAERSKOOL DURBANVILLE IS DIE
INGELIGTE KEUSE!
|