|
|
|
LEIERSKAP Sedert 1997 is die leierskap-geleenthede by Laerskool Durbanville uitgebrei. Sewe komitees gee aan ongeveer 90 leerders die geleentheid om hulle vaardighede in leierskap te ontdek en te ontwikkel. Daar word elke jaar vier hoofleiers gekies. Die kriterium hier is dat hulle verteenwoordigend van beide taalgroepe moet wees, en dat beide geslagte verteenwoordig word. Saam met die voorsitter/ster, ondervoorsitter/ster en sekretaresse van elke komitee vorm hulle die Leerder Kernspan wat bestaan uit 25 lede. Die Kernspan vergader weekliks en gaan elke kwartaal op 'n uitstappie. Ons Kernspan-kamp aan die einde van elke jaar is altyd 'n hoogtepunt. SOSIALE KOMITEE Die sosiale komitee onder leiding van Mevre. Hanneke du Toit en Louise Liebenberg, verleen hulp by alle sosiale geleenthede by die skool. SKOLIERPATROLLIE-KOMITEE Saam met Mev. Penny Horstman het die lede van die skolierpatrollie die baie belangrike taak om te sorg vir ons leerders se veiligheid in die oggend en in die middag by die voetoorgang. DUIKWEGPATROLLIE-KOMITEE Mnr. Pieter Swart en Mev. M. Vivier en die duikwegpatrollie-komitee sorg dat daar soggens en middae leerders op diens is by die duikweg onderdeur Durbanweg. Die veiligheid van ons leerders is ons hoogste prioriteit. SPORTKOMITEE Die sportkomitee onder leiding van Mev. Elmarie Mostert word ingedeel om elke sportsoort in die skool te verteenwoordig. Hierdie leerders verleen hulp op sportdae. KULTUURKOMITEE Die Kultuurkomitee werk saam met Mev. Jaomie Zeeman en Mej. Sofie-Marie Geyser. Hulle verleen nie slegs hulp by kultuurfunksies wat by die skool aangebied word nie, maar is ook aktief betrokke by die bemarking van kultuuraktiwiteite. KOMMUNIKASIEKOMITEE Onder leiding van Mevre. Liezel Jacobs en Mariette Kleinhans is hierdie komitee, onder andere, verantwoordelik daarvoor om diens in die biblioteek te doen gedurende eerste pouse. Almal werk saam aan die Durbie Buz, ons skool se kwartaallikse nuusblad. SPEELGRONDKOMITEE Die speelgrondkomitee is saam met Mevre. Nadia Delport en Samantha van Deventer verantwoordelik om by die rye waar leerders aantree diens te doen. Hulle beman ook dienspunte binne die skoolgebou om te help met die ordelike inkom en verdaging van leerders. Hulle organiseer die klasse in die verskillende graadgroepe wat moet sorg dat die speelgrond rommelvry is. |