|
LEERDERKOMITEES 2008
EN DAARNA
Die volgende besluite word bekragtig op ‘n
dagbestuursvergadering soos gehou op 24 Oktober 2005 soos in opdrag van
die Beheerliggaam.
1.
Die verhouding
van leerders in Gr. 6 (Engels en Afrikaans) word as riglyn gebruik vir
die samestelling van leerderkomitees.
2.
Daar word ten
minste 50 leerders op die komitees benodig (hoofleiers uitgesluit) + 10
vir nuwe patrollie.
3.
‘n Minimum van
40% seunsverteenwoordiging sal as riglyn dien.
4.
Die 4 hoofleiers
sal nie deel uitmaak van die leerderkomitees nie, maar as ‘n aparte
komitee (hoofleierkomitee) funksioneer. Dit laat die weg oop vir
leerders wat as grensgevalle beskou word, om na konsultasie tussen die
skoolhoof, sy dagbestuur en relevante onderwysers, bygevoeg te word tot
die leerkomitees om te verseker dat die leerderkomitees prakties kan
funksioneer.
5.
Die
leerderkomitee sal aangewys word nadat die leerders se stemme gelys is
in ‘n numeriese rangorde. Die onderwysers en die Gr. 6-onderwysers se
stemme word (afsonderlike ranglys) ook in ‘n numeriese rangorde geplaas
waar die groslys gebruik word. Die laagste gemiddelde van dié drie
rangordes word bepaal en is deurslaggewend. (Leerderstemme,
onderwyserstemme en Gr. 6-onderwyserstemme dus.)
6.
Hoofleiers:
Onderwysers en Gr. 6-onderwysers het ‘n addisionele stem waar hulle stem
vir leerders as hoofleiers. Die hoofleiers word bepaal volgens die
gemiddelde rangordelys soos in nr. 5 genoem. (Sien ook nr. 8.)
7.
Indien daar ‘n
staking van stemme is, word die stemme wat die leerder as hoofleier
verwerf het, in berekening gebring. (Die gemiddelde hoofleierstem van
alle onderwysers dus.)
8.
Daar sal 2
Afrikaanse + 2 Engelse leerders as hoofleiers aangewys word. (1 seun en
1 dogter van elke taalgroepering.)
9.
‘n Leerder moet
in al drie stemgroeperings ‘n rangordeposisie bo die drempelkerf ontvang
om te kwalifiseer as hoofleier of leier. ‘n Drempelwaarde sal deur die
rekenaar volgens die rangordes bepaal word. Hierdie drempelwaarde kan
en sal jaarliks verskil en sal aangedui word op die finale uitslag. Dit
beteken leerders met hierdie waarde het nie ‘n stem in hierdie stemgroep
ontvang nie. Die drempelwaardes in Afrikaans en Engels mag verskil
a.g.v. hulle rangordes. Die bogenoemde prosedure word ook gevolg met
die verkiesing van leerderkomiteelede met die opsie van konsultasie
i.v.m. ‘n spesifieke uitslag.
10.
Die hoofleiers
sal tydens die Ons Eie Aand bekend gemaak word.
11.
Die ideaal is om
die leerderkomiteelede die oggend voor die prysuitdeling aan die Gr.
6-leerders bekend te maak. Indien nie, so spoedig moontlik daarna.
12.
Geen leerders
word op daardie stadium in spesifieke komitees ingedeel nie. Komitees
sal na die seminaar op die eerste Saterdag van die skoolkwartaal in die
daaropvolgende jaar deur die komiteeverteenwoordigers (onderwysers)
bepaal word.
13.
Daar word
voorgestel dat die komitees die eerste saalbyeenkoms na genoemde
seminaar in die daaropvolgende jaar aan die res van die leerders bekend
gestel word. Ouers kan uitgenooi word na die instelling. Word jaarliks
heroorweeg.
14.
Die skoolhoof en
die dagbestuur van die personeel mag die aantal leerders op die komitees
aanvul met enkele leerders om te verseker dat komitees hulle pligte kan
uitvoer en om verhoudings (Afrikaans/Engels, Seuns/Dogters) aan te
spreek. Hierdie toevoeging moet gesien word tot voordeel van die skool
en die groter prentjie waarin die skool in die gemeenskap staan.
15.
Geen komiteelid
(soos deur gemiddeldes uitgewys) sal deur die toevoeging van leerders
benadeel of van die aanvanklike lys verwyder word nie.
16.
Vir die
ontwikkeling van komitees word voorgestel dat die komitees twee maal per
kwartaal deur die onderwysers geëvalueer word.
17.
Komiteeleerders
sal ‘n gedragskode onderteken wat hulle verbind tot die ontwikkeling van
leierskap.
18.
Leerderkomiteelede kan hulle balkies verbeur indien hulle nie aan die
gedragskode voldoen nie. Ander leerders sal dan die geleentheid gegee
word. Die verantwoordelike kollegas sal verantwoordelik wees vir die
intervensie en konsultasie met komiteeleerders alvorens hulle balkies
aan ander leerders gegee word om die ontwikkelingsgeleenteid te benut.
Die dagbestuur sal dit bekragtig.
19.
Leerders kan in
die daaropvolgende jaar gekoöpteer word indien hul leierseienskappe
openbaar. Dagbestuur bekragtig.
20.
Bogenoemde
proses (rangordestelsel) word geïmplementeer met behulp van ‘n
goedgekeurde rekenaarprogram. Sien Bylae A.
21.
Sien nr. 6. ‘n
Leerder moet in ten minste elk van die kategorieë een stem behaal het,
d.w.s. ‘n stem in leerder-, Graad 5/6/7-onderwyser- en Gr.
6-onderwyser-kategorie. Dit sal ‘n regverdige gemiddelde rangorde
verseker.
22.
Indien ‘n
leerder nie ‘n stem in elke kategorie het nie, word sodanige leerders op
die gemiddelde rangorde met ‘n ? aangedui.
23.
Leerderraad- en
komiteeverkiesing: Vanaf 2007 word 20 leerders aangewys en
verkies tot ‘n leerderraad. Hierdie leerders word verkies en
dien op die leerderraad vir ‘n hele kalenderjaar. Dieselfde
persentasie indeling vir Afrikaans en Engels (sien nr. 1 en nr. 3) geld
vir die verkiesing tot die leerderraad. Sien ook punt 5 vir riglyne
t.o.v. rangordebepaling.
24.
Die leerderraad
sal uit 20 lede bestaan. Skolierpatrollie x 4; terreinkomitee x 4;
terwyl al die ander lede gelykop tussen die ander bestaande komitees
opgedeel sal word.
25.
Daar sal 7
komitees wees, nl.:
·
Skolierpatrollie
(Van der Byllaan)
·
Skolierpatrollie
(Weyerslaan)
·
Sosiaal
·
Kultuur
·
Media
·
Bemarking
·
Sport
·
Hoofleiers
26.
Die
duikwegkomitee val weg en word in die terreinkomitee opgeneem. Hierdie
komitee sal roteer.
27.
Die
terreinkomitee sal deur vier onderwysers gedurende pouses bygestaan
word. ‘n Onderwyser elk vir die Gr. 4-, 5-, 6- en 7-speelgrondareas.
Komiteelede aan diens sal enige gebeurlikhede aan daardie spesifieke
onderwyser aan diens rapporteer.
28.
‘n Leerder moet
in ten minste twee van die drie stemkategorieë stemme verwerf om
tot die leerderkomitee en leerderraad verkies te word (regverdige
gemiddelde rangordeposisie).
29.
Komiteelede word
vir ‘n minimum van ‘n semester verkies. Aan die einde van die eerste
semester sal daar weer ‘n rangorde bepaal word nadat die onderwysers en
Gr. 7-onderwysers weer die leerders evalueer. Die onderwyser aan die
hoof van die leerderkomiteeportefeulje hanteer die evaluering in
samewerking met die rekenaaronderwyser.
30.
‘n Faktor sal
aan elke stem toegeken word om die rangorde te bepaal, nl.:
·
Onderwyser
= Faktor 1
·
Gr.
7-onderwyser = Faktor 2
·
Skakelonderwyser
= Faktor 3
31.
‘n Onderwyser
kan net in een van die genoemde kategorieë val. Die kategorie met die
hoogste faktor se telling (t.o.v. die onderwyser) sal in aanmerking vir
die rangorde gebring word.
32.
Die komitees sal
na ‘n semester met tussen 20%-50% vervang word, veral in die terrein- en
skolierpatrolliekomitees. Sodoende word die geleentheid vir alle Gr.
7-leerders geskep om tot ‘n komitee verkies te word.
33.
Indien daar ‘n
staking van stemme is, sal ‘n paneel bestaande uit die skoolhoof,
dagbestuur, Gr. 6-onderwysers en leerderhoofde i.v.m. die uitslag
konsulteer.
34.
Voltydse
onderwysers en die skoolhoof is die enigste persone wat mag stem. Hulle
vorm die kieskollege en alle opvoeders wat op die betaalstaat is, sal
stemreg hê, uitgesluit leerkragte op ‘n tydelike basis wat vir alle Gr.
6-klasse onderrig.
35.
Daar sal een
middag as kiesdatum aangewys word waar die kieskollege sal stem. Almal
moet stem.
|