|
|
|
LANDSDIENS Organiseerder:
Christie Fourie Die Landsdiensbeweging se aktiwiteite is sinoniem met natuurbewaring. Aktiweiteite en uitstappies wat 'n liefde kweek vir, en bewaring van die natuur word kwartaalliks onderneem. Lede is ook aktief betrokke by projekte om ons skoolterrein te verfraai. Vanjaar word die volgende beplan:
Kampe word op 'n streeksbasis aangebied en bied leerders die geleentheid om nuwe vriendskappe te smee en interpersoonlike vaardighede te ontwikkel. Gevestigde kampterreine by Jonkershoek buite Stellenbosch, Bien Donne by Simondium en by Melkbosstrand word gebruik wanneer lede op kampe gaan. Kampe word gereël om oor naweke plaas te vind en leerders word na, en vanaf kampe vervoer met 'n skoolbus vergesel van 'n leerkrag. Aktiwiteite by kampe is kind-gerig en aangepas by hulle ervaringsveld. Elke kamp sorg vir voldoende toesig deur personeel wat permanent in diens is van die Landsdiensbeweging asook 'n leerkrag van elke verteenwoordigende skool.
|