|
2010 se krieket
seisoen is in volle swang en Durbanville Laerskool het 5 spelers wat
genooi is na die net oefeninge by WP - krieket. Hulle is Emce van der
Walt, Liam Blomerus, Nico Snyman, Karl-Heyns Hellman en Dylan
Doorly-Jones. Sterkte manne!!!
Durbanville Laerskool kon
in 2009 spog met 11 uitmuntende krieketspanne.
Durbanville het meer as 90%
van hulle wedstryde gewen. Die A-spanne het in die Westelike
Provinsie-liga deelgeneem en die res van die spanne het deelgeneem aan
‘n plaaslike liga. Ons spanne is ingedeel in ‘n A-span en al die
oorblywende spelers is regverdig in B- en C-spanne ingedeel.
Die jaarlikse Seyfert
ses-aan-‘n-kant toernooi was weereens ‘n reuse sukses. Durbanville
krieketklub het ons weer bygestaan en die toernooi is op hulle velde
aangebied. 12 skole het deelgeneem en die toernooi is gewen deur
Kenridge wat Durbanville in ‘n reuse stryd in die finaal geklop het.
Die boul finaal is gewen deur Welgemoed en die Plaat-wenners was Reddam
House. Durbanville se paaltjiewagter, Armand de Jager was die
veldwerker van die toernooi. Baie dankie aan Le Roux van Niekerk en
Seyfert wat die borge van die toernooi was asook Wimpie Hanekom en
Anthony Doorly-Jones wat vir verfrissende sappe en koeldranke gesorg
het.
Die 0/13-span het hierdie
jaar ‘n nuwe toer aangepak en is tydens die kort Septembervakansie na
Knysna om ‘n onvergeetlike naweek in die luukse kursorp te spandeer.
Die seuns asook mnr. Roux en “coach” Manny het die toer terdeë
geniet. Hierdie seuns het ook hulle titel in Touwsrivier met sukses gaan
verdedig.
Die Krieketpresteerders was
Sean de Necker (WP), Dylan Doorly-Jones, Karl-Heyns Hellman, Dean
Bruintjies, Laurens Smit (WP Cubs). Baie geluk aan ons toekomstige
IPL-sterre. Baie dankie aan al die afrigters vir harde werk.
Dit word raakgesien en
opreg waardeer.
|