Koor

Tuis/ Home Terug/ Up 

KOOR

Organiseerder: Anne-Marie Dippenaar


Oefeninge: Dinsdae 14:15 tot 15:45 en Donderdae 17:30 tot 19:00

Die koor bestaan uit min of meer 90 koorlede. Oudisies word aan die begin van elke jaar afgelê deur leerders wat belangstel om in die koor te sing. Buiten die weeklikse oefeninge word daar verskeie koorkampe deur die loop van die jaar aangebied.

A+ by die Stellenbosch Kunswedstryd
90% by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod se uitdunne
2de Plek by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod Galakonsert
Goue Diploma by die ATKV Streekfees
Algehele wenners by die Galakonsert van die ATKV Streekfees en ontvang 'n Cum Laude toekenning.

Die koor neem elke jaar 'n CD op teen middel November en is beskikbaar by Anne-Marie Dippenaar.