| Daar is voltydse
berading dienste by Laerskool Durbanville beskikbaar. Daar is ‘n
Geselskamer ingerig wat deur ‘n Geregistreerde Berader (HPCSA) beman
word. Daar is geen onkostes daaraan verbonde om van haar dienste gebruik
te maak nie.
Die berader reël met die klasonderwyser wanneer sy
die leerder kan sien binne skoolure. Ons probeer ‘n geskikte tyd vind
waarin die leerder nie akademiese werk sal mis nie.
Daar word ook ‘n toestemmingsbrief uitgestuur wat
die ouer/voog moet teken om toestemming te gee dat die leerder gereeld
met die berader kan gesels. Dus sal die ouers daarvan kennis dra indien
‘n leerder deur die berader gesien word. Sy kry ook van tyd tot tyd die
ouers van ‘n leerder in waar die situasie rondom die leerder bespreek
word en terugvoer verskaf word.
Die berader verwys ook indien nodig na OBOS se
Skoolsielkundige of die betrokke Maatskaplike Werker. Daar word ook
verwys na Bellcare se maatskaplike werker indien daar ‘n tuis besoek
gedoen moet word.
Kontak besonderhede:
Jana Goosen (Geregistreerde berader –
HPCSA)
janak@durbieland.com
021 976 8115
|