Evaluering

Tuis/ Home Terug/ Up 

ASSESSERING & DEURLOPENDE EVALUERING

Deurlopende evaluering vorm 'n integrale deel van onderrig en leer. Die doel hiervan is om die tradisionele eksamengeoriënteerde evaluering aan te vul met 'n evaluering wat voorsiening maak vir die ondersteuning van die leerproses deur betekenisvolle, geldige en relevante inligting rakende elke leerling se vordering. Deurlopende evaluering evalueer dus leerprosesse en produkte. Die Junie- en Desember-eksamens berei ons leerders voor op die formele eksaminering wat ook deel vorm van die evalueringsproses in hoërskole.