|
|
|
EISTEDDFOD Organiseerder:
Onderwysers in verskillende Graad-groepe Die jaarlikse affiliasiefooi word deur die skool self betaal. Die Tygerberg Eisteddfod word baie goed deur Laerskool Durbanville se leerders ondersteun. 'n Groot aantal leerders neem jaarliks deel en inskrywings in die volgende afdelings word gedoen: Spreekkore, Lees, Groeplees, Prosa, Gedramatiseerde Prosa, Poësie, Skeppende Skryfwerk, Kuns, Klavier, Blokfluit, Sangsolo, Sang-duette en Drama Groepprojekte. Die meeste van hierdie bedrywighede geskied in die derde kwartaal van elke jaar. Verlede jaar was daar gesamentlik, in die verskillende afdelings die volgende toekennings: 14 meriete toekennings, 33 eervolle vermelding-, 67 lof-, en 36 hoofste lof toekennings. Die bedrywighede word afgesluit met 'n jaarlikse Gala-konsert waarheen die uitblinkers van die streek vir optredes genooi word.
|