|
|
|
DIDAKTIESE HULPVERLENING Organiseerder:
Sunette Smith 'n Hulpverleningspan bestaande uit agt leerkragte is drie middae per week beskikbaar om leerlinge by te staan. Hierdie diens is gratis. Een van ons rekenaarsentrums, toegerus met 16 rekenaars met "Windows" Stelsel-sagteware, word onder andere vir hierdie doel aangewend. Die Cami sagteware-program word sedert 1993 met groot sukses gebruik om lees-, taal en wiskundevaardighede in te oefen. Sport- en buitemuurse aktiwiteite word in aanmerking geneem wanneer leerlinge vir halfuur sessies ingedeel word. Die klasleerkrag identifiseer leerders wat kwalifiseer vir didaktiese hulp, en verwys hulle na mej. Smith wat skakeling tussen die skool en ouers hanteer. Remediërende onderrig, teen privaat fooie, word ook aangebied deur verskillende spesialiste.
|