Akademies

Tuis/ Home Terug/ Up Biblioteek Didaktiese hulpverlening Evaluering OLSO Prysuitdelings Rapporte Rekenaars Tegnologie Xhosa 

Kurrikulumleier: Linda Bester

SKOOLURE 2005
Maandae - Vrydae
07:55 tot 14:00

Eerste Pouse
10:35 tot 10:55 elke dag
Tweede Pouse
12:50 tot 13:02

Te midde van 'n bedrywige holistiese spyskaart staan die kurrikulum van Laerskool Durbanville deurentyd sentraal. Die onderrig van die basiese vaardighede nl. Lees, Skryf en Reken dien as primêre uitgangspunt en verskaf aan ons leerlinge 'n stewige grondslag vir enige hoërskool.

Ons is trots op ons kurrikulum, aangesien dit kindgerig, dinamies en aktueel is. Die leerkragte beskik oor die nodige opleiding, ervaring en kundigheid om dit self te ontwikkel en deurentyd op te gradeer. Enige vernuwing word omsigtig geïmplementeer en kritiese, langtermyn uitkomste word voortdurend nagestreef. Kurrikulum 2005 word tans verantwoordelik ingefaseer en die leerders wat daaraan blootgestel word, vind beslis baat daarby. Deur middel van groepwerk, vrae op verskillende denkvlakke en gedifferensieerde taakkaarte word heelwat nuwe vaardighede aangeleer en ingeoefen.

Ons glo dat die modulêre stelsel maksimum leergeleenthede en vaardigheidsontwikkeling aan ons leerders bied. Modules word deur leerkragte self ontwerp om leerinhoude tot sinvolle eenhede binne vakverband te struktureer. Elke module het 'n deeglik beplande struktuur wat duidelik geformuleerde leerdoelwitte, afgebakende leerinhoude en deurlopende evaluering insluit.

VAKKE

Graad 4
Graad 5
Graad 6
Graad 7
OLSO
Religie (Christelik ge-oriënteerd) Religie (Christelik ge-oriënteerd) Religie (Christelik ge-oriënteerd) Religie (Christelik ge-oriënteerd) Religie (Christelik ge-oriënteerd)
Taal, Geletterdheid & Kommunikasie 1 Afrikaans Eerste Taal Afrikaans Eerste Taal

Taal, Geletterdheid & Kommunikasie 1

Afrikaans Eerste Taal
Language, Literacy & Communication2 Engels Tweede Taal Engels Tweede Taal Language, Literacy & Communication 2 Engels Tweede Taal
Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe Wiskunde Wiskunde Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe Wiskunde
Natuurwetenskappe & Tegnologie Algemene Wetenskap Algemene Wetenskap Natuurwetenskappe Inhoudsvakke: Keuse uit Geskiedenis, Aardrykskunde of Wetenskap
Sosiale Wetenskappe, Ekonomiese & Bestuurswetenskappe Geskiedenis Geskiedenis Menslike & Sosiale Wetenskappe Inligtings- en Kommunikasie Tegnologie en Rekenaargeletterdheid
Lewensoriëntering (Liggaamlike Opvoeding) en Kuns en Kultuur (sang) Aardrykskunde Aardrykskunde Kuns & Kultuur Kuns
Inligtings- en Kommunikasie Tegnologie en Rekenaargeletterdheid Inligtings- en Kommunikasie Tegnologie en Rekenaargeletterdheid Inligtings- en Kommunikasie Tegnologie en Rekenaargeletterdheid Ekonomiese & Bestuurswetenskappe Liggaamlike Opvoeding
Xhosa - Opsioneel Kuns Kuns Lewensoriëntering Tegnologie
  Liggaamlike Opvoeding Liggaamlike Opvoeding Tegnologie Xhosa - Opsioneel
  Tegnologie Tegnologie Liggaamlike Opvoeding  
  Xhosa - Opsioneel Xhosa - Opsioneel Inligtings- en Kommunikasie Tegnologie en Rekenaargeletterdheid  

HANDBOEKE EN SKRYFBEHOEFTES

Handboeke word aan leerders uitgeleen en moet met sorg hanteer word. Verlore of beskadigde boeke moet deur die ouers self vervang word. As 'n leerder die skool verlaat, moet die handboeke ingelewer word. Skryfblokke, potlode, penne, uitveërs en enige ander skryfbehoeftes word deur die leerders self aangekoop. Standaardgrootte lêers, waarin voltooide modules geliasseer word, is by die skool teen R6,00 per lêer verkrygbaar.

DEELNAME AAN SKOOLPROGRAM

Van elke leerder word verwag om aan die hele opvoedingsprogram, soos deur die Weskaap Onderwys-departement (WKOD) voorgeskryf en deur die skool verfyn, deel te neem, tensy vrystelling deur die WKOD verleen word. Met die bywoning van klasse word dit van alle ingeskrewe leerders vereis om hulle neer te lê by die voorgeskrewe dissiplinêre reels wat in die skool geld. Leerders wat weier om aan die opvoedings-program deel te neem, sal aan die skool se strafmaatreëls blootgestel wees.