|
1. KURRIKULUM: INLEIDEND
Die
Laerskool Durbanville volg die holistiese benadering wat
impliseer dat leerders op akademiese-, kulturele- en sportgebied
ontwikkel word.
Die
Kurrikulum van die Laerskool Durbanville is dinamies, aktueel en van
hoog-staande gehalte. Die ontwikkeling van ‘n Kurrikulum is ‘n proses
wat deurlopend verfyn en aangepas word. Die Nasionale
Kurrikulumverklaring word gevolg en dit is geskoei op uitkomsgebaseerde
onderrig.
Uitkomsgebaseerde onderwys ag die proses van leer as
net so belangrik as die inhoudelike. Beide die proses en die inhoud van
onderwys word be-klemtoon deur die uitkomste wat aan die einde van die
proses bereik moet word. Saam met die kennisinhoude en vaardighede,
word waardes en houdings ook beklemtoon. Die leeruitkomste en
assesseringstandaarde word vanaf die kritiese uitkomte afwaarts ontwerp.
Die Leerareaverklarings identifiseer die uitkomste wat bereik moet word.
Die uitkomste en assesseringstandaarde beklemtoon deelnemende
leerdergerigte en aktiwiteitsgebaseerde onderrig. Leerkragte sal dus
leerprogramme en lesplanne ontwerp vanaf die uitkomste en
assesseringstandaarde. Die uitkomste rig dus alle beplanning van die
onderwysers en moedig kreatiwiteit aan. Onderrig is meer doelgerig en
fokus op die kennis, vaardighede, asook die waardes en houdings wat
aangeleer word. Rekordhouding en rapportering is dus ook geskoei op die
bereiking van die uitkomste en assesseringstandaarde. Indien leerders
leerhindernisse ondervind, kan alternatiewe maniere van assessering van
uitkomste plaasvind.
Die meeste klaskamers is toegerus met rekenaars en
plasmaskerms. Dit stel leerkragte in staat om multi-media te betrek by
onderrig. Die klaskamers is ook verbind met ‘n intra-net en elke
klaskamer het toegang tot die netwerk.
2. BESTUUR VAN KURRIKULUM
2.1
PROFESSIONELE BESTUURDER
Die
professionele bestuur van die skool resorteer onder die skoolhoof (Skolewet).
Die skoolhoof delegeer aan die Kurrikulumleier (Departementshoof) en vir
elke leerarea is daar ‘n leerareahoof aangestel.
2.2
KURRIKULUMLEIER
Die
Kurrikulumleier fasiliteer en rig alle kurrikulumontwikkeling wat
plaasvind. Die kurrikulumleier poog om op hoogte te bly van enige
vernuwing/verandering en woon weekliks vergaderings by. Na aanleiding
van behoeftes/ probleme wat geïdentifiseer word, word daar kwartaalliks
‘n kurrikulumkennisgewing saamgestel wat hierdie sake aanspreek. Die
Kurrikulumkennisgewings is ter insae in Kurrikulumlêers geliasseer en
vorm deel van personeelontwikkeling.
Leerkragte
word gereeld ingelig oor kursusse en opleidings-geleenthede ten einde
hulle te bemagtig. Die professionele groei van elke leerkrag word as
belangrik geag.
2.3
LEERAREA-HOOFDE
Leerarea-hoofde vergader ook kwartaalliks met leerarea-spanne ten einde
kontrole en beheer uit te oefen. Vergaderings word belê en daar word
gewaak oor die standaard van die leerarea. Vernuwende denke en
voortdurende aanpassings vorm deel van hierdie proses. In elke graad is
daar ‘n leerarea-verantwoordelike vir elke leerarea. Hierdie persoon is
verantwoordelik vir die opstel van assesseringsplanne, assesserings-take
en assesseringsinstrumente. Dit word dan aan die res van die graadgroep
versprei.
Elke
leerarea beskik oor ‘n Leerarea-Lêer waarin alle dokumentasie soos
agendas, notules, nuusbriewe, ens geliasseer word. Vir elke Leerarea is
daar ‘n beleid saamgestel wat kernaspekte soos assessering, eksamen en
moderering aanspreek.
Leerareahoofde kontroleer ook die opvoederportefeuljes (werkskedules,
lesbeplanning) wat leerarea-verantwoordelikes saamstel en lewer
skriftelike kommentaar. Daar word ook gekyk na die Bewyse van
Leerder-prestasie (modules) en moderering vind twee keer per jaar plaas.
2.4
TUTORS EN SENIOR LEERKRAGTE
Ten einde
nuwe leerkragte te begelei, is daar ook tutors en meester/senior-onderwysers
aangestel. Hierdie leerkragte beskik elkeen oor ‘n duidelik
taakomskrywing. Hierdie leerkragte help ook met kontrole en beheer oor
ander leerkragte.
3. LEERAREAS
Die
volgende leerareas word aangebied:
Afrikaans
Huistaal
Engels
Huistaal
Afrikaans
Eerste Addisionele Taal
Engels
Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale
Wetenskappe
Ekonomiese
en Bestuurswetenskappe
Kuns en
Kultuur
Tegnologie
Lewensoriëntering
4. LEERONDERSTEUNING
4.1 Leerondersteuner
Die
Leerondersteuner identifiseer saam met klasonderwyser/es moontlike
leerhinder-nisse. Daarna word intervensieprogramme opgestel vir elke
leerder. Die leeronder-steuner verskaf hulpverlening, veral d.m.v.
rekenaar (lees- en wiskunde-program). Sy skakel ook met die volgende
kundiges:
·
Skoolsielkundige
·
Privaatsielkundiges
·
Maatskaplike Werksters
·
Arbeidsterapeute
·
Fasiliteerder OBOC
·
Skool mediese dienste
·
Berader by skool
Die
leerondersteuner skakel ook gereeld met leerkragte in verband met
vordering en plasing in spesiale skole. Sy reël OOS-vergaderings (Onderwyserhulpspan)
en doen alle administrasie. Sy behartig ook die Progressie en Promosie
saam met Kurrikulumleier en sien toe dat besluite deurgevoer word.
4.2 Didakties Model
5. ASSESSERING
5.1 Tipes Assessering
Uitkomsgebaseerde onderrig
vereis dat daar verskeie tipes assessering plaasvind. Die jaar
word gewoonlik afgeskop met basislynassesserings ten einde die
vermoëns van die leerders te bepaal. Gedurende die jaar vind daar ook
diagnostiese assesserings plaas ten einde onderrig en leer daarby
aan te pas. Gedurende die laaste semester vind eksterne sistemiese
assesserings in Graad 6 plaas. Die doel daarvan is om die
geletterdheids- en gesyferdheidsvlakke van hierdie groep in ‘n
spesifieke skool te bepaal.
Die uitslae
word ontleed deur WKOD en indien nodig, word intervensies aangegaan.
Daar word
van alle skole verwag om
geletterdheids- en gesyferdheidsplanne
te hê
wat gebaseer is op die skool se uitslae.
Gedurende die vierde kwartaal word daar ook nasionale
assesseringstoetse afgelê.
Die uitslae hiervan word
intern gebruik vir moontlike aanpassings en opvolgaksies
Formatiewe
Assessering:
Hierdie skriftelike tipe
assessering word gebruik om kennis-aspekte vas te lê,
vaardighede aan te leer en in te oefen, asook waardes/houdings te vestig.
Sodanige assesseringsaktiwiteite kan deur verskillende partye
geassesseer word, onder andere die leerkrag, groepe, maats of die
leerder self. Die bewyse van die leerder se formatiewe
assessering word vervat in die portefeulje ter insae vir u as ouer. Dit
is dus die sogenaamde module wat bestaan uit die werkskedule (inhoudsopgawe)
en werkvelle. Die formatiewe assesseringsresultate word nie
opgeteken nie, aangesien dit gesien word as voorbereiding vir die
summatiewe assessering wat volg. Die leerkragte gebruik hierdie
resultate om die onderrigproses te monitor en te verfyn.
Summatiewe
Assessering:
Met die uitsondering van
mondelinge aanbiedings, rolspel, demonstrasies, ens. word alle
summatiewe assesseringsaktiwiteite skriftelik gedoen onder
gekontroleerde toestande in die klaskamer. Hierdie tipe assessering
behels die assessering van die “eindproduk” deur middel van kodes/punte
en word uiteengesit op die kwartaallikse assesseringsplan per leerarea.
Dit dui al die assesseringsaktiwiteite (bv. toets, navorsing, tutoriaal,
ens) en –instrumente aan wat gebruik is om die finale punt per leerarea
te bereken.
5.2 DEURSIGTIGHEID
Alle formele summatiewe
assesseringsaktiwiteite word in die klaskamer deur die leerkrag bewaar,
aangesien dit gebruik word vir promosie- en bevorderingsdoeleindes. Ter
wille van deursigtigheid skep die skool twee geleenthede
waartydens u die formele assesseringstake kan kom besigtig.
5.3 INFORMELE BESIGTING
Gedurende elke kwartaal
word daar een middag opsygesit waartydens ouers na formele summatiewe
assesseringstake van leerders kan kom kyk. U is welkom om u kind/ers
saam te bring tydens hierdie geleentheid. Die assesseringsinstrumente
gebruik om te assesseer, is ook beskikbaar, hetsy dit ‘n memorandum,
rubriek of kontrolelys is. Die leerkrag is beskikbaar vir navrae, maar
geen formele besprekings/ afsprake word gemaak nie.
5.4 FORMELE OUERBESOEKE
Gedurende
die tweede en derde kwartaal word formele ouerbesoeke geplot. Tydens
hierdie geleentheid maak u ‘n afspraak met betrokke leerkrag ten einde u
kind/ers se akademiese vordering te bespreek. Ouers ontvang die
korrespondensie rakende hierdie aangeleentheid gedurende die eerste week
van kwartaal 2 en 3.
5.5 ASSESSERINGSPROGRAM
As deel van
die Assesseringsbeleidgaan die skool stuur die skool kwartaalliks ‘n
tentatiewe program van die formele summatiewe assesserings wat
gedurende die gaan plaasvind. Die woord tentatief word gebruik,
aangesien daar heelwat veranderlikes is wat hierdie beplanning kan
beïnvloed.
5.6 RAPPORTE EN ASSESERINGSPLANNE
Vier keer
per jaar word formele rapport en assesseringsplanne aan ouers gestuur.
Die rapport dui die finale punt per leerarea aan en word op ‘n briefhoof
gedruk. Hierdie rapport word vergesel van nege assesseringsplanne, een
per leerarea. Die assesseringsplanne gee ‘n duidelike uiteensetting van
die assesseringstake, assesseringstandaarde en instrumente wat gebruik
is om die finale punt te bereken. Dit kan ook vergesel word van
leerkragkommentaar rakende leerder se vordering en vaardighede.
6. TEGNOLOGIE:
Rekenaaronderrig
Rekenaaronderrig resorteer onder die leerarea, Tegnologie. Integrasie
met verskeie ander leerareas vind egter ook plaas. Die skool beskik oor
‘n moderne, goed toegeruste Rekenaarsentrum waar leerders met die
nuutste tendense te doen kry. Daar word gefokus op die volgende:
·
Rekenaargeletterdheid:
MSWord; Powerpoint; Excel; Outlook
·
Integrasie met leerareas
·
Elektroniese pos
·
Verkryging van inligting
LAERSKOOL DURBANVILLE
HUISWERKBELEID
1.
RASIONAAL (DOEL VAN DIE BELEID)
Huiswerk maak deel uit van die onderrig- en leeraktiwiteite op skool en
daarom word dit doeltreffend bestuur deur die opvoeders en leerders.
Dit gaan gepaard met deeglike- en gekoördineerde beplanning, leiding en
kontrole deur alle betrokkenes. Deur effektiewe bestuur, word daar
gewaak teen oorbelading. Die hoeveelheid en aard van huiswerk binne die
huidige uitkomsgebaseerde kurrikulum word deur graadvergaderings en
mikrobeplannings gemonitor.
Dit word gesien as take buite die klaskamer, maar wat as verlenging van
die klaskamerwerk dien. Dit word gesien as deel van die vennootskap
tussen skool en huis waar die leerder se leer/opvoeding en ontwikkeling
ondersteun word.
Dit help dus om leer in die klaskamer te komplementeer en in te skerp,
en om goeie lewenslange leer- en studiegewoontes te vestig. Dit verskaf
‘n geleentheid vir leerders om vir hulle eie leer verantwoordelik te
wees.
Ouderdom- en ontwikkelingsgepaste huiswerktake en ouerbelangstelling
behoort te help om die leerder se leer te verbeter. Dit verstewig ook
die band tussen huis en skool en betrek ouers op ‘n betekenisvolle
manier by hulle kinders se opvoeding. Huiswerktake behoort nie kinders
te verhoed om deel te neem aan ander buitemuurse aktiwiteite nie, want
dit is ook noodsaaklik vir doeltreffende ontwikkeling.
2.
DOELSTELLINGS EN DOELWITTE
Die huiswerkbeleid poog om:
- ‘n algemene
begrip te bewerkstellig van die waarde en belangrikheid van huiswerk
en wat dit in die skool sal behels
- die beginsels
en praktyke uit te stippel wat sal verseker dat huiswerk
opvoedkundig voordelig is en aan die realistiese verwagtings van die
leerders, opvoeders en ouers sal voldoen
- die
huiswerkverwagtings volgens die ouderdom en vermoë van die kind
duideliker uit te spel
- ouers in staat
te stel om ten volle ingelig te wees en nouer by die kind se
leeraksies betrokke te wees
- ‘n balans
tussen huiswerk en ander skool- en gemeenskapsaktiwiteite te tref
- die beplanning
en koördinasie van die aard en hoeveelheid huiswerk wat aan die
leerders gegee word op enige bepaalde tyd te koördineer, sodat die
eise wat aan leerders en opvoeders gestel word, billik en
hanteerbaar is
- stelsels vir
die monitering en kontrole van die administrasie van huiswerk binne
die graad, fase en skool te ontwikkel
3.
VERSKILLENDE SOORTE HUISWERKTAKE
·
Inoefeningtake, bv. leeswerk, skriftelike
oefeninge, verdere ondersoek na onderwerpe wat in die klas bespreek is
·
Voorbereidingstake, bv. lees van tekste as
voorbereiding vir volgende dag se klas en die lees van
navorsingsverwante artikels
·
Uitbreidingstake, bv. spesiale projekte wat
die geleentheid bied om navorsingsvaardighede te ontwikkel en te verfyn
Die doel van die huiswerktaak sal afhang van die leerarea en die
besondere graad. Die taak moet uiteindelik die leerders help om kennis,
vaardighede, selfvertroue en motivering te ontwikkel om doeltreffend op
hulle eie te studeer.
Take kan die volgende insluit:
- ‘n Kombinasie
van take wat daarop fokus om nuwe vaardighede in te oefen en met
nuwe kennis op ‘n onafhanklike vlak om te gaan.
- Take wat
insluit die versameling van inligting, mondelinge en geskrewe take
en onafhanklike studie, voorbereiding vir ‘n volgende les of die
toepassing van vaardighede, bv. verwysingsmateriaal of om aan ‘n
projek te werk.
4.
TYDENS BEPLANNING WORD DIE VOLGENDE FAKTORE
IN AG GENEEM:
(a)
Basiese vaardighede en kennis moet
gekonsolideer word
(b)
Die getal take moet redelik wees en die
verskeidenheid van take moet pas by die ouderdom en ontwikkeling van die
leerders
(c)
Die voltooiing van werkvelle as
huiswerktake word nie aangemoedig nie
(d)
Leerder se buitemuurse aktiwiteite en
tuisverantwoordelikhede moet in ag geneem word wanneer huiswerk beplan
word. Daar moet dus ‘n balans gehandhaaf word
(e)
Die beskikbaarheid van bronne en biblioteke
moet ook in ag geneem word
(f)
Die tydstoekenning moet billik wees en
strook met die navorsingsbeleid van die skool
(g)
Leerders moet verantwoordelikheid neem vir
die voltooiing van huiswerktake
(h)
Huiswerktake moet altyd gekontroleer en
opgevolg word
5.
AANBEVOLE TYE PER GRAAD
Die verantwoordelikheid vir huiswerk moet geleidelik toeneem na gelang
leerders deur die verskillende grade vorder:
INTERMEDIêRE FASE:
Graad 4: 40 minute per weeksdag
Graad 5: 50 minute per weeksdag
Graad 6: 60 minute per weeksdag
SENIOR FASE:
Graad 7: 70 minute per weeksdag
Bogenoemde is slegs ‘n riglyn en daar mag tye wees wanneer leerders die
werk in korter/langer periodes sal afhandel na gelang van die
omstandighede.
6.
MONITERING EN EVALUERINGSPROSEDURES
Opvoeders behoort:
- ‘n
verskeidenheid van huiswerktake te beplan en seker te maak dat die
leerders die doel en relevansie van die take vir assessering
verstaan
- daardie soort
take te beplan wat leerders sal uitdaag om vorige kennis en
vaardighede te bedink en te integreer
- bewus te wees
van die huiswerktake wat deur ander opvoeders gegee word om
oorbelading te voorkom
- seker te maak
dat die leerders die nodige hulpbronne het om hul huiswerktake te
voltooi
- die leerders te
onderrig in goeie en onafhanklike studiemetodes en ander nodige
vaardighede om hulle huiswerktake suksesvol te kan voltooi
- konstruktiewe
terugvoer te kan verskaf deur goeie werk te erken deur dit aan te
prys en leerders wat sukkel aan te moedig
- ouers se aandag
te vestig op enige probleme wat ontwikkel t.o.v. hul kind se
huiswerk en strategieë aan die hand te doen om die situasie te
verbeter
7.
ROL VAN OUERS
Ouers behoort:
- Die
belangrikheid van huiswerk as deel van die kind se skoling te
verstaan
- Te besef dat
ouers se positiewe houding, belangstelling en aktiewe betrokkenheid
by huiswerk kan bydra om leerders te laat besef dat leer pret en die
moeite werd is
- So veel as
moontlik vir hulle kinders voor te lees en saam met hulle te lees
- Hulle kinders
aan te moedig om hulle huiswerk en die terugvoer van opvoeders, met
hulle te bespreek
- Opvoeders te
help om huiswerk te monitor deur voltooide huiswerk te onderteken
wanneer dit versoek word en ook bewus te wees van die hoeveelheid
huiswerk wat gegee is
- Met opvoeders
enige bekommernisse te bespreek aangaande die aard van huiswerktake,
hulle kinders se benadering tot huiswerk, of die manier waarop die
huiswerk geëvalueer word
- Hulle kinders
se selfvertroue te versterk met volop lof en aanmoediging
- Met hulle
kinders te gesels oor wat hulle lees of skryf
- Ondersteunend
te wees, maar nie die huiswerk vir die leerder te doen nie
- Nooit toe te
laat dat huiswerk ‘n emosionele slagveld word vir hulle en hul
kinders nie, maar behoort dit ‘n vrugbare leerervaring vir die kind
te maak
8.
ROL VAN LEERDERS
Leerders behoort:
- Bewus te wees
van die skool se huiswerkbeleid
- Hulle
tydsbesteding so doeltreffend te organiseer dat daar genoeg tyd is
om die take suksesvol te voltooi
- Huiswerk in ‘n
spesiale boek te skryf wat altyd beskikbaar is
- Te leer om op
hulle eie hul werk na te gaan vir agterlosige foute en werk in te
lewer wat getuig van deeglike aandag aan detail en gehalte
- Huiswerktake te
voltooi en in te lewer op die verlangde datums
- Hulp by
opvoeders en ouers te soek wanneer hulle probleme met huiswerktake
ondervind
9.
ASSESSERINGSPROGRAM
‘n
Assesseringsprogram per graad word elke kwartaal uitgestuur. Dit dui
die beoogde week waarop die formele asesseringstake afgehandel sal
word. Die eerste assesseringsprogram word vergesel van ‘n begeleidende
brief wat ouers/leerders daarop wys dat dit slegs ‘n tentatiewe
beplanning is en dat daar baie veranderlikes is wat hier ‘n rol kan
speel. Sodanige veranderlikes is:
- Afwesigheid/gesondheidsprobleme
van leerder
- Vermoë/vaardighede
van betrokke leerders
- Pas waarteen
graadgroepe vorder
-
Moeilikheidsgraad van inhoudelike/vaardighede wat aangeleer moet
word
- Remediëring of
heronderrig wat moet plaasvind
- Holistiese
benadering t.o.v. opvoeding
- Eksterne
faktore waarvoor nie beplan kon word nie, bv. voorskrifte van WKOD
wat geïmplementeer moet word
-
Sosio-ekonomiese probleme
- Emosionele
probleme
ASSESSERINGSPROGRAM : KWARTAAL 1 : 2010
GRAAD 4
|
WEEK |
ROOSTER
SIKLUS |
HT |
EAT |
W |
NW |
SW |
EBW |
KK |
LO |
TEG |
|
1 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
2
18/1 |
1 |
AT1
Luister |
AT1
Listening |
|
AT1
Plakkaat |
AT1
Navorsing |
AT1
Inligting uit prente |
|
|
|
|
3
25/1 |
1 |
|
|
|
|
AT1
Ooreenkomste en verskille |
|
|
|
|
|
4
1/2 |
2 |
AT1
Lees |
AT1
Reading |
|
|
|
AT1
Advertensies soek |
|
|
|
|
5
2/8 |
2/3 |
AT1
Praat : Onderhoud-voering |
AT2
Writing |
|
|
AT1
Kwartaaltoets
(Gesk) |
|
AT1
Slaginstrumente |
|
|
|
6
15/2 |
3 |
AT2
Skryf paragraaf |
AT1
Speaking |
AT1
Ondersoek |
|
|
|
AT1
Klappatroon |
|
|
|
7
22/2 |
4 |
AT2
Skryf AT1
Soeklees
Hardoplees |
AT2
Writing |
AT1
Tutoriaal |
AT1
Ontwerp speletjie |
|
|
|
|
|
|
8
1/3
Toetsweek |
4/5 |
AT2
Dink en redeneer |
AT2
Test |
AT2
Kwartaaltoets |
|
|
AT1
Werk wins uit |
|
|
|
|
9
8/3
Toetsweek |
5/6 |
AT2
Toets |
AT2
Thinking and reasoning |
|
AT1
Kwartaaltoets |
AT1
Verslaghouding
AT1
Kwartaaltoets |
|
|
AT1
Spyskaart
AT1
Plakkaat |
|
|
10
15/3 |
7
R |
A |
P |
P |
O |
R |
T |
AT1
Teken
E |
AT1
Regte
AT1
Verkeersreëls |
AT1
Papierstroke |
|
11
22/3 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
ASSESSERINGSPROGRAM : KWARTAAL 1 : 2010
GRAAD 5
|
WEEK |
ROOSTER
SIKLUS |
HT |
EAT |
W |
NW |
SW |
EBW |
LO |
TEG |
KK |
|
1 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
2
18/1 |
1 |
AT1
LU3 |
AT2
LO2 |
|
|
|
|
|
|
|
|
3
25/1 |
1 |
AT2
LU2 |
AT1
LO3 |
|
|
AT1
LU1
Vraelys |
|
|
AT1
Ontwerp |
|
|
4
1/2 |
2 |
AT1
LU1 |
AT2
LO5 |
AT1
Tutoriaal |
AT1
Taak : Wat ek eet (kj) |
|
|
|
|
|
|
5
2/8 |
2/3 |
AT1
LU5 |
AT2
LO4 |
|
|
|
Akt. 2
Pamflet |
|
AT1
Raamwerk |
|
|
6
15/2 |
3 |
AT2
LU4 |
AT
LO1 |
|
|
|
|
|
|
AT2
Drama opvoer |
|
7
22/2 |
4 |
|
|
AT1
Tydsverloop |
|
AT1
LU1
Kaartwerk |
|
|
AT1
Afwerking |
|
|
8
1/3
Toetsweek |
4/5 |
|
AT2
LO6
Toets |
|
|
AT2
Toets |
Akt. 2
Toets |
|
|
|
|
9
8/3
Toetsweek |
5/6 |
AT2
LU6 |
|
AT2
Toets |
AT2
Toets |
|
|
Werkvel 6
Verskillende situasies |
|
AT2
Module toets |
|
10
15/3 |
7
R |
A |
P |
P |
O |
R |
T |
E |
|
|
|
11
22/3 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
ASSESSERINGSPROGRAM : KWARTAAL 1 : 2010
GRAAD 6
|
WEEK |
ROOSTER
SIKLUS |
HT |
EAT |
W |
NW |
SW |
EBW |
LO |
TEG |
KK |
|
1 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
2
18/1 |
1 |
AT1
Luister |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
3
25/1 |
1 |
AT2
Skryf
(Advertensie) |
AT1
Listening |
|
|
AT1
Aard
Plakkaat
Soorte kaarte |
AT1
Groepwerk
Vrae |
|
|
|
|
4
1/2 |
2 |
AT1
Lees
(Begripstoets) |
AT1
Reading & Viewing |
A1T1
Getalle
Tutoriaal |
|
AT1
Gesk
Leesstuk + Vrae |
|
A1T1
Voedseletiket
(Aanbieding) |
AT1
Energie |
|
|
5
2/8 |
2/3 |
AT2
Praat
(Goggas) |
AT2
Listening |
A2T1
Getalle en bewerking
Tutoriaal |
AT1
Ontwerp huis |
|
AT1
Reken
Belasting |
|
|
|
|
6
15/2 |
3 |
AT1
Dink en redenaar
(Woord-speletjie) |
AT1
News report |
|
|
AT1
(Aard)
Koördinate |
AT1
Ekonomiese
siklus - Vrae |
|
AT1
Stroombane |
|
|
7
22/2 |
4 |
AT2
Skryf
(Brief) |
AT1:2
Oral
&
Mindmap |
A3T1
Praktiese opdrag
Finansieel |
AT1
Interpreteer grafiek |
AT1
(Gesk)
Inligtings-
brosjure |
|
A2T1
Aansteeklike/ oordraagbare siektes
(Plakkaat) |
AT1
Skakelaars |
AT1
Sing |
|
8
1/3
Toetsweek |
4/5 |
At1
Dink en redeneer
Lees |
AT2
Reading |
A4T1
Ondersoek
Patterns |
AT1
Skets met byskrifte |
|
AT1
Toets |
|
|
|
|
9
8/3
Toetsweek |
5/6 |
AT2
Toets
LU6 |
AT2
Test
6.1-6.6 |
AT2
Toets |
AT2
Toets |
AT1
Toets |
|
|
|
|
|
10
15/3 |
7
R |
A |
P |
P |
O |
R |
T |
E |
|
|
|
11
22/3 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
ASSESSERINGSPROGRAM : KWARTAAL 1 : 2010
GRAAD 7
|
WEEK |
ROOSTER
SIKLUS |
HT |
EAT |
W |
NW |
SW |
EBW |
LO |
TEG |
KK |
|
1 |
|
|
|
Basislyn
Ass. |
Kaarte 1.1
Interpreteer inligting vanaf grafiek |
|
|
AT1
Persoonlike dieet |
|
|
|
2
18/1 |
1 |
AT2.2
Hardoplees |
|
AT2
Ondersoek (datahantering) |
1.2 Ontwerp plakkaat |
|
|
|
|
AT1
Skep van verhoogarea |
|
3
25/1 |
1 |
AT2.1
Luister |
AT1
Listening:
A speech |
|
|
|
|
AT1
Verbeter eie dieet |
|
|
|
4
1/2 |
2 |
AT1.1
Funksioneel:
Brief |
AT1
Summaries
P 45 |
|
|
|
AT1
Werkvel 2
Klassifisering |
|
AT1
20 tekeninge |
AT1
Uitbreiding van rol |
|
5
2/8 |
2/3 |
|
AT2
Speaking:
Parachute debate |
|
1.3 Voer ‘n ondersoek uit |
AT1
Werkvel 1 |
AT1
Werkvel 3
Vraag en aanbod |
AT1
Fiksheids-program |
AT1
30 tekeninge |
|
|
6
15/2 |
3 |
AT3.1
Mondeling |
AT2
Comprehension:
Kidnapping |
|
2.1 Asses jouself |
|
AT1
Werkvel 4 |
|
|
AT1
Navorsing |
|
7
22/2 |
4 |
AT1.2
Funksioneel:
Paragraaf |
AT1
Writing:
Biography |
AT1
Tutoriaal 2 |
|
AT2
Werk met bronne |
AT1
Navorsings-projek |
|
AT1
Strukture Ontwerp |
|
|
8
1/3
Toetsweek |
4/5 |
|
|
AT1
Taakkaart 8 |
2.2 Toets |
|
|
|
AT1
Strukture
Eksperimente |
|
|
9
8/3
Toetsweek |
5/6 |
|
AT2
Test |
AT3
Toets
Hoofreken |
|
|
|
|
|
|
|
10
15/3 |
7
R |
A |
P |
P |
O |
R |
T |
E |
|
|
|
11
22/3 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|