Afrikaans
Akademie
Borge
Geselskamer
Klerebank
Jaarprogram
Leerderkomitee
Nasorg
Ons Skool
Ouergids
Personeel
Skoolkwartale 2010
Sport
Durbie Aksie
Kunsklub
Pa en seun

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1. KURRIKULUM:  INLEIDEND

 

Die Laerskool Durbanville volg die holistiese benadering wat impliseer dat leerders op akademiese-, kulturele- en sportgebied ontwikkel word. 

 

Die Kurrikulum van die Laerskool Durbanville is dinamies, aktueel  en van hoog-staande gehalte.  Die ontwikkeling van ‘n Kurrikulum is ‘n proses wat deurlopend verfyn en aangepas word.  Die Nasionale Kurrikulumverklaring word gevolg en dit is geskoei op uitkomsgebaseerde onderrig.

 

Uitkomsgebaseerde onderwys ag die proses van leer as net so belangrik as die inhoudelike.  Beide die proses en die inhoud van onderwys word be-klemtoon  deur die uitkomste wat aan die einde van die proses bereik moet word.  Saam met die kennisinhoude en vaardighede, word waardes en houdings ook beklemtoon. Die leeruitkomste en assesseringstandaarde word vanaf die kritiese uitkomte afwaarts ontwerp.  Die Leerareaverklarings identifiseer die uitkomste wat bereik moet word. Die uitkomste en assesseringstandaarde beklemtoon deelnemende  leerdergerigte en aktiwiteitsgebaseerde onderrig.  Leerkragte sal dus leerprogramme en lesplanne ontwerp vanaf die uitkomste en assesseringstandaarde.  Die uitkomste rig dus alle beplanning van die onderwysers en moedig kreatiwiteit aan.  Onderrig is meer doelgerig en fokus op die kennis, vaardighede, asook die waardes en houdings wat aangeleer word.  Rekordhouding en rapportering is dus ook geskoei op die bereiking van die uitkomste en assesseringstandaarde. Indien leerders leerhindernisse ondervind, kan alternatiewe maniere van assessering van uitkomste plaasvind.

 

Die meeste klaskamers is toegerus met rekenaars en plasmaskerms.  Dit stel leerkragte in staat om multi-media te betrek by onderrig.  Die klaskamers is ook verbind met ‘n intra-net en elke klaskamer het toegang tot die netwerk.

 

2.  BESTUUR VAN KURRIKULUM

 

2.1  PROFESSIONELE BESTUURDER

Die professionele bestuur van die skool resorteer onder die skoolhoof (Skolewet).  Die skoolhoof delegeer aan die Kurrikulumleier (Departementshoof) en vir elke leerarea is daar ‘n leerareahoof aangestel.

 

2.2  KURRIKULUMLEIER

Die Kurrikulumleier fasiliteer en rig alle kurrikulumontwikkeling wat plaasvind.  Die kurrikulumleier poog om op hoogte te bly van enige vernuwing/verandering en woon weekliks vergaderings by.  Na aanleiding  van behoeftes/ probleme wat geïdentifiseer word, word daar kwartaalliks ‘n kurrikulumkennisgewing saamgestel wat hierdie sake aanspreek.  Die Kurrikulumkennisgewings is ter insae in Kurrikulumlêers geliasseer en vorm deel van personeelontwikkeling.

 

Leerkragte word gereeld ingelig oor kursusse en opleidings-geleenthede ten einde hulle te bemagtig.  Die professionele groei van elke leerkrag word as belangrik geag.

 

 

2.3  LEERAREA-HOOFDE

Leerarea-hoofde vergader ook kwartaalliks met leerarea-spanne ten einde kontrole en beheer uit te oefen.  Vergaderings word belê en daar word gewaak oor die standaard van die leerarea. Vernuwende denke en voortdurende aanpassings vorm deel van hierdie proses.  In elke graad is daar ‘n leerarea-verantwoordelike vir elke leerarea.  Hierdie persoon is verantwoordelik vir die opstel van assesseringsplanne, assesserings-take en assesseringsinstrumente.  Dit word dan aan die res van die graadgroep versprei.

 

Elke leerarea beskik oor ‘n Leerarea-Lêer waarin alle dokumentasie soos agendas, notules, nuusbriewe, ens geliasseer word.  Vir elke Leerarea is daar ‘n beleid saamgestel wat kernaspekte soos assessering, eksamen en moderering aanspreek. 

 

Leerareahoofde kontroleer ook die opvoederportefeuljes (werkskedules, lesbeplanning) wat leerarea-verantwoordelikes saamstel en lewer skriftelike kommentaar.  Daar word ook gekyk na die Bewyse van Leerder-prestasie (modules) en moderering vind twee keer per jaar plaas.

 

2.4  TUTORS EN SENIOR LEERKRAGTE

Ten einde nuwe leerkragte te begelei, is daar ook tutors en meester/senior-onderwysers aangestel.  Hierdie leerkragte beskik elkeen oor ‘n duidelik taakomskrywing.  Hierdie leerkragte help ook met kontrole en beheer oor ander leerkragte.

 

3.  LEERAREAS

 

Die volgende leerareas word aangebied:

 

Afrikaans Huistaal

Engels Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Natuurwetenskappe

Sosiale Wetenskappe

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Kuns en Kultuur

Tegnologie

Lewensoriëntering

 

4.  LEERONDERSTEUNING

 

4.1  Leerondersteuner

 

Die Leerondersteuner identifiseer saam met klasonderwyser/es moontlike leerhinder-nisse. Daarna word intervensieprogramme opgestel vir elke leerder.  Die leeronder-steuner verskaf hulpverlening, veral d.m.v. rekenaar (lees- en wiskunde-program).  Sy skakel ook met die volgende kundiges:

·         Skoolsielkundige

·         Privaatsielkundiges

·         Maatskaplike Werksters

·         Arbeidsterapeute

·         Fasiliteerder OBOC

·         Skool mediese dienste

·         Berader by skool

Die leerondersteuner skakel ook gereeld met leerkragte in verband met vordering en plasing in spesiale skole.  Sy reël OOS-vergaderings (Onderwyserhulpspan) en doen alle administrasie.  Sy behartig ook die Progressie en Promosie saam met Kurrikulumleier en sien toe dat besluite deurgevoer word.

 

4.2  Didakties Model

 

5.  ASSESSERING

 

5.1  Tipes Assessering

 

Uitkomsgebaseerde onderrig vereis dat daar verskeie tipes assessering plaasvind.  Die jaar word gewoonlik afgeskop met basislynassesserings ten einde die vermoëns van die leerders te bepaal. Gedurende die jaar vind daar ook diagnostiese assesserings plaas ten einde onderrig en leer daarby aan te pas.   Gedurende die laaste semester vind eksterne sistemiese assesserings in Graad 6 plaas. Die doel daarvan is om die geletterdheids- en gesyferdheidsvlakke van hierdie groep in ‘n spesifieke skool te bepaal.  Die uitslae word ontleed deur WKOD en indien nodig, word intervensies aangegaan.  Daar word van alle skole verwag om geletterdheids- en gesyferdheidsplanne te hê wat gebaseer is op die skool se uitslae.  Gedurende die  vierde kwartaal word daar ook nasionale assesseringstoetse afgelê.   Die uitslae hiervan word intern gebruik vir moontlike aanpassings en opvolgaksies

 

Formatiewe Assessering:

Hierdie skriftelike tipe assessering word gebruik om kennis-aspekte vas te lê, vaardighede aan te leer en in te oefen, asook waardes/houdings te vestig.  Sodanige assesseringsaktiwiteite kan deur verskillende partye geassesseer word, onder andere die leerkrag, groepe, maats of die leerder self.  Die bewyse van die leerder se formatiewe assessering word vervat in die portefeulje ter insae vir u as ouer.  Dit is dus die sogenaamde module wat bestaan uit die werkskedule (inhoudsopgawe) en werkvelle.  Die formatiewe assesseringsresultate word nie opgeteken nie, aangesien dit gesien word as voorbereiding vir die summatiewe assessering wat volg.  Die leerkragte gebruik hierdie resultate om die onderrigproses te monitor en te verfyn.

 

 

 

 Summatiewe Assessering:

Met die uitsondering van mondelinge aanbiedings, rolspel, demonstrasies, ens. word alle summatiewe assesseringsaktiwiteite skriftelik gedoen onder gekontroleerde toestande in die klaskamer.  Hierdie tipe assessering behels die assessering van die “eindproduk” deur middel van kodes/punte en word uiteengesit op die kwartaallikse assesseringsplan per leerarea.  Dit dui al die assesseringsaktiwiteite (bv. toets, navorsing, tutoriaal, ens)  en –instrumente aan wat gebruik is om die finale punt per leerarea te bereken.

 

5.2   DEURSIGTIGHEID

Alle formele summatiewe assesseringsaktiwiteite word in die klaskamer deur die leerkrag bewaar, aangesien dit gebruik word vir promosie- en bevorderingsdoeleindes. Ter wille van deursigtigheid skep die skool twee geleenthede waartydens u die formele assesseringstake kan kom besigtig.

 

 5.3  INFORMELE BESIGTING

Gedurende elke kwartaal word daar een middag opsygesit waartydens ouers na formele summatiewe assesseringstake van leerders kan kom kyk.  U is welkom om u kind/ers saam te bring tydens hierdie geleentheid.  Die assesseringsinstrumente gebruik om te assesseer, is ook beskikbaar, hetsy dit ‘n memorandum, rubriek of kontrolelys is. Die leerkrag is beskikbaar vir navrae, maar geen formele besprekings/ afsprake word gemaak nie.  

 

5.4  FORMELE OUERBESOEKE

Gedurende die tweede en derde kwartaal word formele ouerbesoeke geplot. Tydens hierdie geleentheid maak u ‘n afspraak met betrokke leerkrag ten einde u kind/ers se akademiese vordering te bespreek.  Ouers ontvang die korrespondensie rakende hierdie aangeleentheid gedurende die eerste week van kwartaal 2 en 3. 

 

5.5  ASSESSERINGSPROGRAM

As deel van die Assesseringsbeleidgaan die skool stuur die skool kwartaalliks ‘n tentatiewe  program  van die formele summatiewe assesserings wat gedurende die gaan plaasvind. Die woord tentatief word gebruik, aangesien daar heelwat veranderlikes is wat hierdie beplanning kan beïnvloed. 

 

5.6  RAPPORTE EN ASSESERINGSPLANNE

Vier keer per jaar word formele rapport en assesseringsplanne aan ouers gestuur.  Die rapport dui die finale punt per leerarea aan en word op ‘n briefhoof gedruk.  Hierdie rapport word vergesel van nege assesseringsplanne, een per leerarea.  Die assesseringsplanne gee ‘n duidelike uiteensetting van die assesseringstake, assesseringstandaarde en instrumente wat gebruik is om die finale punt te bereken.  Dit kan ook vergesel word van leerkragkommentaar rakende leerder se vordering en vaardighede.

 

 

6.  TEGNOLOGIE:   Rekenaaronderrig

 

Rekenaaronderrig resorteer onder die leerarea, Tegnologie.  Integrasie met verskeie ander leerareas vind egter ook plaas.  Die skool beskik oor ‘n moderne, goed toegeruste Rekenaarsentrum waar leerders met die nuutste tendense te doen kry.  Daar word gefokus op die volgende:

 

·         Rekenaargeletterdheid:  MSWord; Powerpoint; Excel; Outlook

·         Integrasie met leerareas

·         Elektroniese pos

·         Verkryging van inligting

 

LAERSKOOL DURBANVILLE

 

HUISWERKBELEID

 

1.   RASIONAAL (DOEL VAN DIE BELEID)

 

Huiswerk maak deel uit van die onderrig- en leeraktiwiteite op skool en daarom word dit doeltreffend bestuur deur die opvoeders en leerders.  Dit gaan gepaard met deeglike- en gekoördineerde beplanning, leiding en kontrole deur alle betrokkenes.  Deur effektiewe bestuur, word daar gewaak teen oorbelading.  Die hoeveelheid en aard van huiswerk binne die huidige uitkomsgebaseerde kurrikulum word deur graadvergaderings en mikrobeplannings gemonitor.

 

Dit word gesien as take buite die klaskamer, maar wat as verlenging van die klaskamerwerk dien.  Dit word gesien as deel van die vennootskap tussen skool en huis waar die leerder se leer/opvoeding en ontwikkeling ondersteun word.

 

Dit help dus om leer in die klaskamer te komplementeer en in te skerp, en om goeie lewenslange leer- en studiegewoontes te vestig.  Dit verskaf ‘n geleentheid vir leerders om vir hulle eie leer verantwoordelik te wees.

 

Ouderdom- en ontwikkelingsgepaste huiswerktake en ouerbelangstelling behoort te help om die leerder se leer te verbeter.  Dit verstewig ook die band tussen huis en skool en betrek ouers op ‘n betekenisvolle manier by hulle kinders se opvoeding.  Huiswerktake behoort nie kinders te verhoed om deel te neem aan ander buitemuurse aktiwiteite nie, want dit is ook noodsaaklik vir doeltreffende ontwikkeling.

 

2.                  DOELSTELLINGS EN DOELWITTE

 

Die huiswerkbeleid poog om:

 

  • ‘n algemene begrip te bewerkstellig van die waarde en belangrikheid van huiswerk en wat dit in die skool sal behels
  • die beginsels en praktyke uit te stippel wat sal verseker dat huiswerk opvoedkundig voordelig is en aan die realistiese verwagtings van die leerders, opvoeders en ouers sal voldoen
  • die huiswerkverwagtings volgens die ouderdom en vermoë van die kind duideliker uit te spel
  • ouers in staat te stel om ten volle ingelig te wees en nouer by die kind se leeraksies betrokke te wees
  • ‘n balans tussen huiswerk en ander skool- en gemeenskapsaktiwiteite te tref
  • die beplanning en koördinasie van die aard en hoeveelheid huiswerk wat aan die leerders gegee word op enige bepaalde tyd te koördineer, sodat die eise wat aan leerders en opvoeders gestel word, billik en hanteerbaar is
  • stelsels vir die monitering en kontrole van die administrasie van huiswerk binne die graad, fase en skool te ontwikkel

 

 

 

3.                  VERSKILLENDE SOORTE HUISWERKTAKE

 

·        Inoefeningtake, bv. leeswerk, skriftelike oefeninge, verdere ondersoek na onderwerpe wat in die klas bespreek is

·        Voorbereidingstake, bv. lees van tekste as voorbereiding vir volgende dag se klas en die lees van navorsingsverwante artikels

·        Uitbreidingstake, bv. spesiale projekte wat die geleentheid bied om navorsingsvaardighede te ontwikkel en te verfyn

 

Die doel van die huiswerktaak sal afhang van die leerarea en die besondere graad.  Die taak moet uiteindelik die leerders help om kennis, vaardighede, selfvertroue en motivering te ontwikkel om doeltreffend op hulle eie te studeer.

 

Take kan die volgende insluit: 

 

  • ‘n Kombinasie van take wat daarop fokus om nuwe vaardighede in te oefen en met nuwe kennis op ‘n onafhanklike vlak om te gaan.
  • Take wat insluit die versameling van inligting, mondelinge en geskrewe take en onafhanklike studie, voorbereiding vir ‘n volgende les of die toepassing van vaardighede, bv. verwysingsmateriaal of om aan ‘n projek te werk.

 

4.                  TYDENS BEPLANNING WORD DIE VOLGENDE FAKTORE IN AG GENEEM:

 

(a)               Basiese vaardighede en kennis moet gekonsolideer word

(b)               Die getal take moet redelik wees en die verskeidenheid van take moet pas by die ouderdom en ontwikkeling van die leerders

(c)               Die voltooiing van werkvelle as huiswerktake word nie aangemoedig nie

(d)               Leerder se buitemuurse aktiwiteite en tuisverantwoordelikhede moet in ag geneem word wanneer huiswerk beplan word.  Daar moet dus ‘n balans gehandhaaf word

(e)               Die beskikbaarheid van bronne en biblioteke moet ook in ag geneem word

(f)                 Die tydstoekenning moet billik wees en strook met die navorsingsbeleid van die skool

(g)               Leerders moet verantwoordelikheid neem vir die voltooiing van huiswerktake

(h)               Huiswerktake moet altyd gekontroleer en opgevolg word

 

5.                  AANBEVOLE TYE PER GRAAD

 

Die verantwoordelikheid vir huiswerk moet geleidelik toeneem na gelang leerders deur die verskillende grade vorder:

 

INTERMEDIêRE FASE:

 

Graad 4:         40 minute per weeksdag

Graad 5:         50 minute per weeksdag

Graad 6:         60 minute per weeksdag

 

 

 

SENIOR FASE:

 

Graad 7:         70 minute per weeksdag

 

Bogenoemde is slegs ‘n riglyn en daar mag tye wees wanneer leerders die werk in korter/langer periodes sal afhandel na gelang van die omstandighede.

 

6.                  MONITERING EN EVALUERINGSPROSEDURES

 

Opvoeders behoort:

 

  • ‘n verskeidenheid van huiswerktake te beplan en seker te maak dat die leerders die doel en relevansie van die take vir assessering verstaan
  • daardie soort take te beplan wat leerders sal uitdaag om vorige kennis en vaardighede te bedink en te integreer
  • bewus te wees van die huiswerktake wat deur ander opvoeders gegee word om oorbelading te voorkom
  • seker te maak dat die leerders die nodige hulpbronne het om hul huiswerktake te voltooi
  • die leerders te onderrig in goeie en onafhanklike studiemetodes en ander nodige vaardighede om hulle huiswerktake suksesvol te kan voltooi
  • konstruktiewe terugvoer te kan verskaf deur goeie werk te erken deur dit aan te prys en leerders wat sukkel aan te moedig
  • ouers se aandag te vestig op enige probleme wat ontwikkel t.o.v. hul kind se huiswerk en strategieë aan die hand te doen om die situasie te verbeter

 

7.                  ROL VAN OUERS

 

Ouers behoort:

 

  • Die belangrikheid van huiswerk as deel van die kind se skoling te verstaan
  • Te besef dat ouers se positiewe houding, belangstelling en aktiewe betrokkenheid by huiswerk kan bydra om leerders te laat besef dat leer pret en die moeite werd is
  • So veel as moontlik vir hulle kinders voor te lees en saam met hulle te lees
  • Hulle kinders aan te moedig om hulle huiswerk en die terugvoer van opvoeders, met hulle te bespreek
  • Opvoeders te help om huiswerk te monitor deur voltooide huiswerk te onderteken wanneer dit versoek word en ook bewus te wees van die hoeveelheid huiswerk wat gegee is
  • Met opvoeders enige bekommernisse te bespreek aangaande die aard van huiswerktake, hulle kinders se benadering tot huiswerk, of die manier waarop die huiswerk geëvalueer word
  • Hulle kinders se selfvertroue te versterk met volop lof en aanmoediging
  • Met hulle kinders te gesels oor wat hulle lees of skryf
  • Ondersteunend te wees, maar nie die huiswerk vir die leerder te doen nie
  • Nooit toe te laat dat huiswerk ‘n emosionele slagveld word vir hulle en hul kinders nie, maar behoort dit ‘n vrugbare leerervaring vir die kind te maak

 

 

 

 

8.                  ROL VAN LEERDERS

 

Leerders behoort:

 

  • Bewus te wees van die skool se huiswerkbeleid
  • Hulle tydsbesteding so doeltreffend te organiseer dat daar genoeg tyd is om die take suksesvol te voltooi
  • Huiswerk in ‘n spesiale boek te skryf wat altyd beskikbaar is
  • Te leer om op hulle eie hul werk na te gaan vir agterlosige foute en werk in te lewer wat getuig van deeglike aandag aan detail en gehalte
  • Huiswerktake te voltooi en in te lewer op die verlangde datums
  • Hulp by opvoeders en ouers te soek wanneer hulle probleme met huiswerktake ondervind

 

9.                  ASSESSERINGSPROGRAM

 

‘n Assesseringsprogram per graad word elke kwartaal uitgestuur.  Dit dui die beoogde week waarop die formele asesseringstake afgehandel sal word.  Die eerste assesseringsprogram word vergesel van ‘n begeleidende brief wat ouers/leerders daarop wys dat dit slegs ‘n tentatiewe beplanning is en dat daar baie veranderlikes is wat hier ‘n rol kan speel.  Sodanige veranderlikes is:

 

  • Afwesigheid/gesondheidsprobleme van leerder
  • Vermoë/vaardighede van betrokke leerders
  • Pas waarteen graadgroepe vorder
  • Moeilikheidsgraad van inhoudelike/vaardighede wat aangeleer moet word
  • Remediëring of heronderrig wat moet plaasvind
  • Holistiese benadering t.o.v. opvoeding
  • Eksterne faktore waarvoor nie beplan kon word nie, bv. voorskrifte van WKOD wat geïmplementeer moet word
  • Sosio-ekonomiese probleme
  • Emosionele probleme

 

ASSESSERINGSPROGRAM : KWARTAAL 1 : 2010

 

GRAAD 4

 

WEEK

ROOSTER

SIKLUS

HT

EAT

W

NW

SW

EBW

KK

LO

TEG

1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2

18/1

1

AT1

Luister

AT1

Listening

 

AT1

Plakkaat

AT1

Navorsing

AT1

Inligting uit prente

 

 

 

3

25/1

1

 

 

 

 

AT1

Ooreenkomste en verskille

 

 

 

 

4

1/2

2

AT1

Lees

AT1

Reading

 

 

 

AT1

Advertensies soek

 

 

 

5

2/8

2/3

AT1

Praat : Onderhoud-voering

AT2

Writing

 

 

AT1

Kwartaaltoets

(Gesk)

 

AT1

Slaginstrumente

 

 

6

15/2

3

AT2

Skryf paragraaf

AT1

Speaking

AT1

Ondersoek

 

 

 

AT1

Klappatroon

 

 

7

22/2

4

AT2

Skryf AT1

Soeklees

Hardoplees

AT2

Writing

AT1

Tutoriaal

AT1

Ontwerp speletjie

 

 

 

 

 

8

1/3

Toetsweek

4/5

AT2

Dink en redeneer

AT2

Test

AT2

Kwartaaltoets

 

 

AT1

Werk wins uit

 

 

 

9

8/3

Toetsweek

5/6

AT2

Toets

AT2

Thinking and reasoning

 

AT1

Kwartaaltoets

AT1

Verslaghouding

AT1

Kwartaaltoets

 

 

AT1

Spyskaart

AT1

Plakkaat

 

10

15/3

7

 

R

 

 

A

 

 

P

 

 

P

 

 

O

 

 

R

 

 

T

AT1

Teken

E

AT1

Regte

AT1

Verkeersreëls

AT1

Papierstroke

11

22/3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 ASSESSERINGSPROGRAM : KWARTAAL 1 : 2010

 

GRAAD 5

 

WEEK

ROOSTER

SIKLUS

HT

EAT

W

NW

SW

EBW

LO

TEG

KK

1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2

18/1

1

AT1

LU3

AT2

LO2

 

 

 

 

 

 

 

3

25/1

1

AT2

LU2

AT1

LO3

 

 

AT1

LU1

Vraelys

 

 

AT1

Ontwerp

 

4

1/2

2

AT1

LU1

AT2

LO5

AT1

Tutoriaal

AT1

Taak : Wat ek eet (kj)

 

 

 

 

 

5

2/8

2/3

AT1

LU5

AT2

LO4

 

 

 

Akt. 2

Pamflet

 

AT1

Raamwerk

 

6

15/2

3

AT2

LU4

AT

LO1

 

 

 

 

 

 

AT2

Drama opvoer

7

22/2

4

 

 

AT1

Tydsverloop

 

AT1

LU1

Kaartwerk

 

 

AT1

Afwerking

 

8

1/3

Toetsweek

4/5

 

AT2

LO6

Toets

 

 

AT2

Toets

Akt. 2

Toets

 

 

 

9

8/3

Toetsweek

5/6

AT2

LU6

 

AT2

Toets

AT2

Toets

 

 

Werkvel 6

Verskillende situasies

 

AT2

Module toets

10

15/3

7

R

 

A

 

P

 

P

 

O

 

R

 

T

 

E

 

 

11

22/3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  

ASSESSERINGSPROGRAM : KWARTAAL 1 : 2010

 

GRAAD 6

 

WEEK

ROOSTER

SIKLUS

HT

EAT

W

NW

SW

EBW

LO

TEG

KK

1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2

18/1

1

AT1

Luister

 

 

 

 

 

 

 

 

3

25/1

1

AT2

Skryf

(Advertensie)

AT1

Listening

 

 

AT1

Aard

Plakkaat

Soorte kaarte

AT1

Groepwerk

Vrae

 

 

 

4

1/2

2

AT1

Lees

(Begripstoets)

AT1

Reading & Viewing

A1T1

Getalle

Tutoriaal

 

AT1

Gesk

Leesstuk + Vrae

 

A1T1

Voedseletiket

(Aanbieding)

AT1

Energie

 

5

2/8

2/3

AT2

Praat

(Goggas)

AT2

Listening

A2T1

Getalle en bewerking

Tutoriaal

AT1

Ontwerp huis

 

AT1

Reken

Belasting

 

 

 

6

15/2

3

AT1

Dink en redenaar

(Woord-speletjie)

AT1

News report

 

 

AT1

(Aard)

Koördinate

AT1

Ekonomiese

siklus - Vrae

 

AT1

Stroombane

 

7

22/2

4

AT2

Skryf

(Brief)

AT1:2

Oral &

Mindmap

A3T1

Praktiese opdrag

Finansieel

AT1

Interpreteer grafiek

AT1

(Gesk)

Inligtings-

brosjure

 

A2T1

Aansteeklike/ oordraagbare siektes

(Plakkaat)

AT1

Skakelaars

AT1

Sing

8

1/3

Toetsweek

4/5

At1

Dink en redeneer

Lees

AT2

Reading

A4T1

Ondersoek

Patterns

AT1

Skets met byskrifte

 

AT1

Toets

 

 

 

9

8/3

Toetsweek

5/6

AT2

Toets

LU6

AT2

Test

6.1-6.6

AT2

Toets

AT2

Toets

AT1

Toets

 

 

 

 

10

15/3

7

R

 

A

 

P

 

P

 

O

 

R

 

T

 

E

 

 

11

22/3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ASSESSERINGSPROGRAM : KWARTAAL 1 : 2010

 

GRAAD 7

 

WEEK

ROOSTER

SIKLUS

HT

EAT

W

NW

SW

EBW

LO

TEG

KK

1

 

 

 

Basislyn

Ass.

Kaarte 1.1

Interpreteer inligting vanaf grafiek

 

 

AT1

Persoonlike dieet

 

 

2

18/1

1

AT2.2

Hardoplees

 

AT2

Ondersoek (datahantering)

1.2 Ontwerp plakkaat

 

 

 

 

AT1

Skep van verhoogarea

3

25/1

1

AT2.1

Luister

AT1

Listening:

A speech

 

 

 

 

AT1

Verbeter eie dieet

 

 

4

1/2

2

AT1.1

Funksioneel:

Brief

AT1

Summaries

P 45

 

 

 

AT1

Werkvel 2

Klassifisering

 

AT1

20 tekeninge

AT1

Uitbreiding van rol

5

2/8

2/3

 

AT2

Speaking:

Parachute debate

 

1.3 Voer ‘n ondersoek uit

AT1

Werkvel 1

AT1

Werkvel 3

Vraag en aanbod

AT1

Fiksheids-program

AT1

30 tekeninge

 

6

15/2

3

AT3.1

Mondeling

AT2

Comprehension:

Kidnapping

 

2.1 Asses jouself

 

AT1

Werkvel 4

 

 

AT1

Navorsing

7

22/2

4

AT1.2

Funksioneel:

Paragraaf

AT1

Writing:

Biography

AT1

Tutoriaal 2

 

AT2

Werk met bronne

AT1

Navorsings-projek

 

AT1

Strukture Ontwerp

 

8

1/3

Toetsweek

4/5

 

 

AT1

Taakkaart 8

2.2 Toets

 

 

 

AT1

Strukture

Eksperimente

 

9

8/3

Toetsweek

5/6

 

AT2

Test

AT3

Toets

Hoofreken

 

 

 

 

 

 

10

15/3

7

R

 

A

 

P

 

P

 

O

 

R

 

T

 

E

 

 

11

22/3