Afrikaans

Tuis/ Home Geskiedenis Personeel Akademies Sport Kunste Ouergids Jaarprogram Kontak Ons Advertensies Fotogallery 

 

MISSIE

Laerskool Durbanville is bekend in hierdie omgewing as die skool
'wat omgee'. Ons kinders is ons rykdom.

Onderrig word verskaf in die Intermediêre en Senior Fase (Graad 4 tot 7).

Hier word kinders toegelaat om op hul eie unieke manier tot jong
tieners te ontwikkel onder die leiding van bekwame en ervare leer-
kragte.

Ons is in die unieke posisie om saam te werk met die Voorbereidingskool Durbanville, www.wcape.school.za/dvprep wat 'n Junior Primêre Kampus aanbied vir leerders van Graad 0 tot Graad 3.

Leerders wat toelating tot Laerskool Durbanville verlang, moet:

Bereid wees om onderrig te ontvang, gefundeer op 'n Christelike wêreld-en lewensbeskouing;
Afrikaans of Engels in geskrewe en mondeling vorm kan weergee;
Skolasties op standaard wees;
Nasionale- en skoolsimbole eerbiedig;
Skoolbeleid en gedragskode eerbiedig.

LAERSKOOL DURBANVILLE IS DIE INGELIGTE KEUSE!