Sport


Sport is 'n belangrike komponent van ons skool en is ‘n baie kragtige samebindende faktor in ons skoolgemeenskap en daarom streef ons om die volgende doelwitte na te streef:

DOELWITTE VIR SPORT
  • Om aan elke leerder die geleentheid te gee om aan sport deel te neem.
  • Om sport te beoefen met die oog op fisiese en sosiale ontwikkeling.
  • Om leerders aan te moedig om ‘n liefde en genot vir sport te ontwikkel.
  • Om goeie sportmangees, kameraadskap en deursettingsvermoë te ontwikkel.
  • Om al die leerders, ongeag hul individuele vermoëns, aan gelyke vlakke van afrigting bloot te stel, sodat die leerders gelyke geleenthede ontvang om hulle talente en vaardighede te ontwikkel.
  • Om skoolsport op so ‘n wyse te bestuur sodat speler, afrigter en ouers graag met die betrokke sportsoort wil assosieer.
  • Doelbewus te werk om die hoogste prestasie te behaal sonder om die “wengedagte” of “wen ten alle koste” na te streef.
  • Om massadeelname aan te moedig.
  • Om kwaliteitafrigting aan te bied aan die hand van die nuutste afrigtingstegnieke deur gereeld afrigtingskursusse en klinieke by te woon.

SPORTSOORTE
Ons skool bied die volgende 10 sportsoorte by die skool aan:

Atletiek

   
     

Krieket

Tennis

.

Rugby

Swem

Netbal

Landloop

Hokkie

Gholf

Foto's om gelaai te word.

Skaak

Foto's om gelaai te word.


Sporte wat ook op ons terrein aangebied word deur buite instansies:
FUTURE RUGBY Manny Senger Rugbyklinieke vir vaardigheidsontwikkeling
FUTURE CRICKET Manny Senger Krieketklinieke vir vaardigheidsontwikkeling
MARTIAL ARTS Combat Jiu-Jitsu Academy Mike Herbig
NMA-ISKA Mixed Martial Arts Academy Paul Cave
SASAFF Ruley School of Dancing Ruley Bartie

Daar is ook heelwat ander sportsoorte (gimnastiek, bofbal, sokker, muurbal, tweekamp, biathle, ens.) waaraan ons leerders ook deelneem en erkenning vir prestasies behaal by die skool ontvang.

SPORTPRESTASIES
Die leerders van Laerskool Durbanville was in 2010 regte ambassedeurs vir ons skool op die sportveld. Dit word weerspieël deur die hoeveelheid leerders wat SA en Provinsiale kleure verwerf het. 9 Leerders het hul SA kleure verwerf en op internasionale vlak hul land verteenwoordig. 72 Leerders het (96 keer) provinsiale kleure op die sportveld verwerf.

SA Kleure
Ons is baie trots op Dylan Macintyre, Jesse Hill, Caitlin Heidbreder, Tarquinn Williams, Angelo Yiatses, Brandon Herbst, Nicole Abrahams, Lenke Tredoux (almal Fiksheid en Sport Aerobies) en Cinaé Swart (Gimnastiek) wat almal hul SA kleure verwerf het.

Provinsiale Kleure
Swem: Zanel Basson, Renier Janse van Rensburg, Juli Vercuiel, Roseline Loubser, Jo-Mari Kleinhans, Thys Basson en Simón la Cock
Tweekamp: Juli Vercuiel, Jo-Mari Kleinhans, Mje Boshoff, Carlien van Eeden, Joss van eeden en Arno Nothnagel
Lewensredding: Roseline Loubser, Jo-Mari Kleinhans, Thys Basson en Simón la Cock
Vyfkamp: James Ipser, Jo-Mari Kleinhans, Simón la Cock, Carlien van Eeden, Joss van Eeden en Arno Nothnagel
Bofbal: Simon Carstens, Lenel van Niekerk, Nicolaas Carstens, Hayden Matthee, Tarquinn Williams en Megan Coetzee
Atletiek: Leiere Falck, Mari Loubser, Derick Turner en Carlien van Eeden
Tennis: Markus Brink, Freddie van der Merwe, Carlien van Eeden en Cara Weyers
Biathle: Jo-Mari Kleinhans, Jana van Rooyen, Johann Joubert, Mje Boshoff, Carlien van Eeden, Joss van Eeden en Arno Nothnagel
Stoei: Theo van Eeden, Henco Nel, Tiaan Otto, Cameron Dawson, Eloff du Plessis, Jaco du Plessis en Cameron Nel
Judo: Cara van der Westhuizen, Heike Möller, Franco Reynolds en Joss van Eeden
Karate: Cameron Dawson, Tertius van Niekerk, Adam Zimring, Devlyn Fredericks en Erik Knoetze
Gimnastiek: Chris Louw, Matthys Louw, Nicolaas van Pletzen, Natalie Reynolds en Cinaé Swart
Pluimbal: Angelo Yiatses en Carlien van Eeden
Waterski: Louis Schutte
Gholf: Michael Labuschagne
Indoor Krieket: Jarred Smit
Indoor Hokkie: Nicholas van Niekerk
Rugby: Daniel de Lange
Netbal: Huibri Smith, Saige Bell, Courtleigh Behr en Simón la Cock
Fiksheid en Sport Aerobies: Niéna Hancke, Marlé Rademan, René Jooste, Elrette du Plessis, Alexa le Roux, Marna Visagie, Jasmine Jansen, Anri Engelbrecht, Lerie Tredoux, Dylan Macintyre, Jesse Hill, Caitlin Heidbreder, Carla Saayman, Dylan Mocke, Jordan Kroll, Tarquinn Williams, Angelo Yiatses, Brandon Herbst, Nicole Abrahams en Lenke Tredoux

TOERE:
Toere wat gedurende die jaar onderneem word is:
Tennis: 1STE en 2DE-span Neem aan die SUN CITY SA PRESTIGE LAERSKOLE UITNODIGINGS TENNISTOERNOOI deel. (Februarie)
1STE-span Toer na Bethlehem en neem aan die TRUIDA KESTELL/DEBONAIRS TENNISTOERNOOI deel. (Augustus)
Netbal: 0/13 Toer na George en neem aan die jaarlikse 0/13 TOP NETBALTOERNOOI deel. (April-vakansie)
0/11 Toer na George en neem aan die 0/11 EDEN SUPER SERIES netbaltoernooi deel. (April-vakansie)
Rugby: 0/13 Toer na Craddock en neem deel aan die 0/13 MARLOW RUGBYTOERNOOI deel. (April-vakansie)
0/11 Toer na George en neem aan die 0/11 EDEN SUPER SERIES rugbytoernooi deel. (April-vakansie)
Hokkie: 0/11A & 0/14A Toer na Oudtshoorn en neem aan ‘n toernooi vir seuns- en dogterspanne deel. ( Mei)
Krieket: 1ste X1 Toer na Knysna en neem aan die KNYSNA SPORTSKOOL KRIEKETWEEK deel. (September-vakansie)
Gholf: Gholfspan Toer na die Suid-Kaap en speel 3 dae se gholf op van die mooiste bane. (Junie-vakansie)

TOERNOOIE:
Laerskool Durbanville bied ook die volgende jaarlikse toernooi aan:
Netbal: 0/10 Altech Auto Page Netbaltoernooi (20 skole wat deelneem)
Rugby: 0/11 Davidson’s Boards Super Series Rugbytoernooi (16 skole wat deelneem)
Krieket: 0/11 Seyfert Ses-aan-‘n-kant kriekettoernooi (12 skole wat deelneem)
Swem: SASKO Swemgala (5 skole wat deelneem)
Hokkie: 0/11 Hokkietoernooi (8 skole wat deelneem)
Tennis: 0/11 Graanendal WinkelsentrumTennistoernooi (8 skole wat deelneem)
Landloop: Davidson’s Boards Landloopbyeenkoms (5 skole wat deelneem)