visitors: 34071

Welkom in Durbieland

Laerskool Durbanville is in die hartjie van die koring- en wynlande geleë, ongeveer 45 km Noord van Kaapstad. Die dorp is omring deur eeu-oue wynplase, koring- en melkplase. Die etos van die skool rus op 4 pilare naamlik: Akademie; sport, kultuur en geestelik. Ons kan met trots sê dat al vier pilare ewe sterk in ons skool staan.

Die opvoeders, ouers en leerders wat verbonde is aan Laerskool Durbanville, glo onwrikbaar in die gesegde van Donald A. Adams: “Om waarlik diens te kan lewer, moet jy iets byvoeg wat nie gekoop kan word of aan geld gemeet kan word nie, en dit is opregtheid en integriteit.” Ons glo in die skep van mooi tradisies, van onthou-geleenthede vir ons kinders en die nastreef van die regte waardes.