![]() |
![]() |
![]() |

Akademie
1. KURRIKULUM: INLEIDEND
Die Laerskool Durbanville volg die holistiese benadering wat impliseer dat leerders op akademiese-, kulturele- en sportgebied ontwikkel word.
Die Kurrikulum van die Laerskool Durbanville is dinamies, aktueel en van hoog-staande gehalte. Die ontwikkeling van ‘n Kurrikulum is ‘n proses wat deurlopend verfyn en aangepas word. Die Nasionale Kurrikulumverklaring word gevolg en dit is geskoei op uitkomsgebaseerde onderrig.
Uitkomsgebaseerde onderwys ag die proses van leer as net so belangrik as die inhoudelike. Beide die proses en die inhoud van onderwys word beklemtoon deur die uitkomste wat aan die einde van die proses bereik moet word. Saam met die kennisinhoude en vaardighede, word waardes en houdings ook beklemtoon. Die leeruitkomste en assesseringstandaarde word vanaf die kritiese uitkomte afwaarts ontwerp. Die Leerareaverklarings identifiseer die uitkomste wat bereik moet word. Die uitkomste en assesseringstandaarde beklemtoon deelnemende leerdergerigte en aktiwiteitsgebaseerde onderrig. Leerkragte sal dus leerprogramme en lesplanne ontwerp vanaf die uitkomste en assesseringstandaarde. Die uitkomste rig dus alle beplanning van die onderwysers en moedig kreatiwiteit aan. Onderrig is meer doelgerig en fokus op die kennis, vaardighede, asook die waardes en houdings wat aangeleer word. Rekordhouding en rapportering is dus ook geskoei op die bereiking van die uitkomste en assesseringstandaarde. Indien leerders leerhindernisse ondervind, kan alternatiewe maniere van assessering van uitkomste plaasvind.
Die meeste klaskamers is toegerus met rekenaars en plasmaskerms. Dit stel leerkragte in staat om multi-media te betrek by onderrig. Die klaskamers is ook verbind met ‘n intra-net en elke klaskamer het toegang tot die netwerk.

2. BESTUUR VAN KURRIKULUM
2.1 Professionele Bestuurder
Die professionele bestuur van die skool resorteer onder die
skoolhoof (Skolewet). Die skoolhoof delegeer aan die Kurrikulumleier
(Departementshoof) en vir elke leerarea is daar ‘n leerareahoof
aangestel.
2.2 Kurrikulumleier
Die Kurrikulumleier fasiliteer en rig alle kurrikulumontwikkeling wat plaasvind.
Die kurrikulumleier poog om op hoogte te bly van enige vernuwing/verandering en
woon weekliks vergaderings by. Na aanleiding van behoeftes/ probleme wat
geïdentifiseer word, word daar kwartaalliks 'n kurrikulumkennisgewing saamgestel
wat hierdie sake aanspreek. Die Kurrikulumkennisgewings is ter insae in
Kurrikulumlêers geliasseer en vorm deel van personeelontwikkeling.
Leerkragte word gereeld ingelig oor kursusse en opleidings-geleenthede ten einde hulle te bemagtig. Die professionele groei van elke leerkrag word as belangrik geag.
Leerkragte word gereeld ingelig oor kursusse en opleidings-geleenthede ten einde hulle te bemagtig. Die professionele groei van elke leerkrag word as belangrik geag.
2.3 Leerarea-hoofde
Leerarea-hoofde vergader ook kwartaalliks met leerarea-spanne ten einde kontrole
en beheer uit te oefen. Vergaderings word belê en daar word gewaak oor die
standaard van die leerarea. Vernuwende denke en voortdurende aanpassings vorm deel
van hierdie proses. In elke graad is daar ‘n leerarea-verantwoordelike vir elke
leerarea. Hierdie persoon is verantwoordelik vir die opstel van assesseringsplanne,
assesserings-take en assesseringsinstrumente. Dit word dan aan die res van die
graadgroep versprei.
Elke leerarea beskik oor ‘n Leerarea-Lêer waarin alle dokumentasie soos agendas, notules, nuusbriewe, ens geliasseer word. Vir elke Leerarea is daar 'n beleid saamgestel wat kernaspekte soos assessering, eksamen en moderering aanspreek.
Leerareahoofde kontroleer ook die opvoederportefeuljes (werkskedules, lesbeplanning) wat leerarea-verantwoordelikes saamstel en lewer skriftelike kommentaar. Daar word ook gekyk na die Bewyse van Leerder-prestasie (modules) en moderering vind twee keer per jaar plaas.

2.4 Tutors en Senior Leerkragte
Ten einde nuwe leerkragte te begelei, is daar ook tutors en meester/senior-onderwysers aangestel.
Hierdie leerkragte beskik elkeen oor ‘n duidelik taakomskrywing. Hierdie leerkragte help ook met
kontrole en beheer oor ander leerkragte.
3. LEERAREAS
Die volgende leerareas word aangebied:
Afrikaans Huistaal
Engels Huistaal
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Kuns en Kultuur
Tegnologie
Afrikaans Huistaal
Engels Huistaal
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Kuns en Kultuur
Tegnologie
4. LEERONDERSTEUNING
4.1 Leerondersteuner
Die Leerondersteuner identifiseer saam met klasonderwyser/es moontlike leerhinder-nisse.
Daarna word intervensieprogramme opgestel vir elke leerder. Die leeronder-steuner verskaf
hulpverlening, veral d.m.v. rekenaar (lees- en wiskunde-program). Sy skakel ook met die
volgende kundiges:
- Skoolsielkundige
- Privaatsielkundiges
- Maatskaplike Werksters
- Arbeidsterapeute
- Fasiliteerder OBOC
- Skool mediese dienste
- Berader by skool
4.2 Didakties Model
Informasie volg
5. ASSESSERING
5.1 Tipes Assessering
Uitkomsgebaseerde onderrig vereis dat daar verskeie tipes assessering plaasvind.
Die jaar word gewoonlik afgeskop met basislynassesserings ten einde die vermoëns
van die leerders te bepaal. Gedurende die jaar vind daar ook diagnostiese
assesserings plaas ten einde onderrig en leer daarby aan te pas. Gedurende die
laaste semester vind eksterne sistemiese assesserings in Graad 6 plaas. Die doel
daarvan is om die geletterdheids- en gesyferdheidsvlakke van hierdie groep in 'n
spesifieke skool te bepaal. Die uitslae word ontleed deur WKOD en indien nodig,
word intervensies aangegaan. Daar word van alle skole verwag om geletterdheids-
en gesyferdheidsplanne te hê wat gebaseer is op die skool se uitslae. Gedurende
die vierde kwartaal word daar ook nasionale assesseringstoetse afgelê. Die uitslae
hiervan word intern gebruik vir moontlike aanpassings en opvolgaksies.
Formatiewe Assessering:
Hierdie skriftelike tipe assessering word gebruik om kennis-aspekte vas te lê, vaardighede aan te leer en in te oefen, asook waardes/houdings te vestig. Sodanige assesseringsaktiwiteite kan deur verskillende partye geassesseer word, onder andere die leerkrag, groepe, maats of die leerder self. Die bewyse van die leerder se formatiewe assessering word vervat in die portefeulje ter insae vir u as ouer. Dit is dus die sogenaamde module wat bestaan uit die werkskedule (inhoudsopgawe) en werkvelle. Die formatiewe assesseringsresultate word nie opgeteken nie, aangesien dit gesien word as voorbereiding vir die summatiewe assessering wat volg. Die leerkragte gebruik hierdie resultate om die onderrigproses te monitor en te verfyn.
Summatiewe Assessering:
Met die uitsondering van mondelinge aanbiedings, rolspel, demonstrasies, ens. word alle summatiewe assesseringsaktiwiteite skriftelik gedoen onder gekontroleerde toestande in die klaskamer. Hierdie tipe assessering behels die assessering van die "eindproduk" deur middel van kodes/punte en word uiteengesit op die kwartaallikse assesseringsplan per leerarea. Dit dui al die assesseringsaktiwiteite (bv. toets, navorsing, tutoriaal, ens) en –instrumente aan wat gebruik is om die finale punt per leerarea te bereken.

5.2 Deursigtigheid
Alle formele summatiewe assesseringsaktiwiteite word in die klaskamer deur die leerkrag
bewaar, aangesien dit gebruik word vir promosie- en bevorderingsdoeleindes. Ter wille
van deursigtigheid skep die skool twee geleenthede waartydens u die formele
assesseringstake kan kom besigtig.
5.3 Informele Besigting
Gedurende elke kwartaal word daar een middag opsygesit waartydens ouers na formele
summatiewe assesseringstake van leerders kan kom kyk. U is welkom om u kind/ers saam te
bring tydens hierdie geleentheid. Die assesseringsinstrumente gebruik om te assesseer,
is ook beskikbaar, hetsy dit ‘n memorandum, rubriek of kontrolelys is. Die leerkrag is
beskikbaar vir navrae, maar geen formele besprekings/ afsprake word gemaak nie.
5.4 Formele Ouerbesoeke
Gedurende die tweede en derde kwartaal word formele ouerbesoeke geplot. Tydens hierdie
geleentheid maak u ‘n afspraak met betrokke leerkrag ten einde u kind/ers se akademiese
vordering te bespreek. Ouers ontvang die korrespondensie rakende hierdie aangeleentheid
gedurende die eerste week van kwartaal 2 en 3.
5.5 Assesseringprogram
As deel van die Assesseringsbeleidgaan die skool stuur die skool kwartaalliks ‘n tentatiewe
program van die formele summatiewe assesserings wat gedurende die gaan plaasvind. Die woord
tentatief word gebruik, aangesien daar heelwat veranderlikes is wat hierdie beplanning kan
beïnvloed.
5.6 Raporte en Assesseringplanne
Vier keer per jaar word formele rapport en assesseringsplanne aan ouers gestuur. Die rapport
dui die finale punt per leerarea aan en word op ‘n briefhoof gedruk. Hierdie rapport word
vergesel van nege assesseringsplanne, een per leerarea. Die assesseringsplanne gee ‘n
duidelike uiteensetting van die assesseringstake, assesseringstandaarde en instrumente wat
gebruik is om die finale punt te bereken. Dit kan ook vergesel word van leerkragkommentaar
rakende leerder se vordering en vaardighede.
6. TEGNOLOGIE: Rekenaaronderrig
Rekenaaronderrig resorteer onder die leerarea, Tegnologie. Integrasie met verskeie ander leerareas
vind egter ook plaas. Die skool beskik oor ‘n moderne, goed toegeruste Rekenaarsentrum waar leerders
met die nuutste tendense te doen kry. Daar word gefokus op die volgende:
- Rekenaargeletterdheid: MSWord, Powerpoint, Excel, Outlook
- Integrasie met leerareas
- Elektroniese pos
- Verkryging van inligting
LAERSKOOL DURBANVILLE HUISWERKBELEID
1. RASIONAAL (DOEL VAN DIE BELEID)
Huiswerk maak deel uit van die onderrig- en leeraktiwiteite op skool en daarom word dit doeltreffend
bestuur deur die opvoeders en leerders. Dit gaan gepaard met deeglike- en gekoördineerde beplanning,
leiding en kontrole deur alle betrokkenes. Deur effektiewe bestuur, word daar gewaak teen oorbelading.
Die hoeveelheid en aard van huiswerk binne die huidige uitkomsgebaseerde kurrikulum word deur
graadvergaderings en mikrobeplannings gemonitor.
Dit word gesien as take buite die klaskamer, maar wat as verlenging van die klaskamerwerk dien. Dit word gesien as deel van die vennootskap tussen skool en huis waar die leerder se leer/opvoeding en ontwikkeling ondersteun word.
Dit help dus om leer in die klaskamer te komplementeer en in te skerp, en om goeie lewenslange leer- en studiegewoontes te vestig. Dit verskaf ‘n geleentheid vir leerders om vir hulle eie leer verantwoordelik te wees.
Ouderdom- en ontwikkelingsgepaste huiswerktake en ouerbelangstelling behoort te help om die leerder se leer te verbeter. Dit verstewig ook die band tussen huis en skool en betrek ouers op 'n betekenisvolle manier by hulle kinders se opvoeding. Huiswerktake behoort nie kinders te verhoed om deel te neem aan ander buitemuurse aktiwiteite nie, want dit is ook noodsaaklik vir doeltreffende ontwikkeling.

2. DOELSTELLINGS EN DOELWITTE
Die huiswerkbeleid poog om:
- 'n Algemene begrip te bewerkstellig van die waarde en belangrikheid van huiswerk en wat dit in die skool sal behels.
- Die beginsels en praktyke uit te stippel wat sal verseker dat huiswerk opvoedkundig voordelig is en aan die realistiese verwagtings van die leerders, opvoeders en ouers sal voldoen.
- Die huiswerkverwagtings volgens die ouderdom en vermoë van die kind duideliker uit te spel.
- Ouers in staat te stel om ten volle ingelig te wees en nouer by die kind se leeraksies betrokke te wees.
- 'n Balans tussen huiswerk en ander skool- en gemeenskapsaktiwiteite te tref.
- Die beplanning en koördinasie van die aard en hoeveelheid huiswerk wat aan die leerders gegee word op enige bepaalde tyd te koördineer, sodat die eise wat aan leerders en opvoeders gestel word, billik en hanteerbaar is.
- Stelsels vir die monitering en kontrole van die administrasie van huiswerk binne die graad, fase en skool te ontwikkel.
3. VERSKILLENDE SOORTE HUISWERKTAKE
- Inoefeningtake, bv. leeswerk, skriftelike oefeninge, verdere ondersoek na onderwerpe wat in die klas bespreek is.
- Voorbereidingstake, bv. lees van tekste as voorbereiding vir volgende dag se klas en die lees van navorsingsverwante artikels.
- Uitbreidingstake, bv. spesiale projekte wat die geleentheid bied om navorsingsvaardighede te ontwikkel en te verfyn.
Die doel van die huiswerktaak sal afhang van die leerarea en die besondere graad. Die taak moet uiteindelik die leerders help om kennis, vaardighede, selfvertroue en motivering te ontwikkel om doeltreffend op hulle eie te studeer.
Take kan die volgende insluit:
- 'n Kombinasie van take wat daarop fokus om nuwe vaardighede in te oefen en met nuwe kennis op ‘n onafhanklike vlak om te gaan.
- Take wat insluit die versameling van inligting, mondelinge en geskrewe take en onafhanklike studie, voorbereiding vir ‘n volgende les of die toepassing van vaardighede, bv. verwysingsmateriaal of om aan ‘n projek te werk.
4. TYDENS BEPLANNING WORD DIE VOLGENDE FAKTORE IN AG GENEEM
- Basiese vaardighede en kennis moet gekonsolideer word
- Die getal take moet redelik wees en die verskeidenheid van take moet pas by die ouderdom en ontwikkeling van die leerders
- Die voltooiing van werkvelle as huiswerktake word nie aangemoedig nie
- Leerder se buitemuurse aktiwiteite en tuisverantwoordelikhede moet in ag geneem word wanneer huiswerk beplan word. Daar moet dus ‘n balans gehandhaaf word
- Die beskikbaarheid van bronne en biblioteke moet ook in ag geneem word
- Die tydstoekenning moet billik wees en strook met die navorsingsbeleid van die skool
- Leerders moet verantwoordelikheid neem vir die voltooiing van huiswerktake
- Huiswerktake moet altyd gekontroleer en opgevolg word
5. AANBEVOLE TYE PER GRAAD
Die verantwoordelikheid vir huiswerk moet geleidelik toeneem na gelang leerders
deur die verskillende grade vorder:
INTERMEDIêRE FASE:
Graad 4: 40 minute per weeksdag
Graad 5: 50 minute per weeksdag
Graad 6: 60 minute per weeksdag
SENIOR FASE:
Graad 7: 70 minute per weeksdag
Bogenoemde is slegs 'n riglyn en daar mag tye wees wanneer leerders die werk in korter/langer periodes sal afhandel na gelang van die omstandighede.

6. MONITERING EN EVALUERINGSPROSEDURES
Opvoeders behoort:
- 'n Verskeidenheid van huiswerktake te beplan en seker te maak dat die leerders die doel en relevansie van die take vir assessering verstaan.
- Daardie soort take te beplan wat leerders sal uitdaag om vorige kennis en vaardighede te bedink en te integreer.
- Bewus te wees van die huiswerktake wat deur ander opvoeders gegee word om oorbelading te voorkom.
- Seker te maak dat die leerders die nodige hulpbronne het om hul huiswerktake te voltooi.
- Die leerders te onderrig in goeie en onafhanklike studiemetodes en ander nodige vaardighede om hulle huiswerktake suksesvol te kan voltooi.
- Konstruktiewe terugvoer te kan verskaf deur goeie werk te erken deur dit aan te prys en leerders wat sukkel aan te moedig.
- Ouers se aandag te vestig op enige probleme wat ontwikkel t.o.v. hul kind se huiswerk en strategieë aan die hand te doen om die situasie te verbeter.
7. ROL VAN OUERS
Ouers behoort:
- Die belangrikheid van huiswerk as deel van die kind se skoling te verstaan.
- Te besef dat ouers se positiewe houding, belangstelling en aktiewe betrokkenheid by huiswerk kan bydra om leerders te laat besef dat leer pret en die moeite werd is.
- So veel as moontlik vir hulle kinders voor te lees en saam met hulle te lees.
- Hulle kinders aan te moedig om hulle huiswerk en die terugvoer van opvoeders, met hulle te bespreek.
- Opvoeders te help om huiswerk te monitor deur voltooide huiswerk te onderteken wanneer dit versoek word en ook bewus te wees van die hoeveelheid huiswerk wat gegee is.
- Met opvoeders enige bekommernisse te bespreek aangaande die aard van huiswerktake, hulle kinders se benadering tot huiswerk, of die manier waarop die huiswerk geëvalueer word.
- Hulle kinders se selfvertroue te versterk met volop lof en aanmoediging.
- Met hulle kinders te gesels oor wat hulle lees of skryf.
- Ondersteunend te wees, maar nie die huiswerk vir die leerder te doen nie.
- Nooit toe te laat dat huiswerk ‘n emosionele slagveld word vir hulle en hul kinders nie, maar behoort dit ‘n vrugbare leerervaring vir die kind te maak.
8. ROL VAN LEERDERS
Leerders behoort:
- Bewus te wees van die skool se huiswerkbeleid.
- Hulle tydsbesteding so doeltreffend te organiseer dat daar genoeg tyd is om die take suksesvol te voltooi.
- Huiswerk in ‘n spesiale boek te skryf wat altyd beskikbaar is.
- Te leer om op hulle eie hul werk na te gaan vir agterlosige foute en werk in te lewer wat getuig van deeglike aandag aan detail en gehalte.
- Huiswerktake te voltooi en in te lewer op die verlangde datums.
- Hulp by opvoeders en ouers te soek wanneer hulle probleme met huiswerktake ondervind.
9. ASSESSERINGSPROGRAM
‘n Assesseringsprogram per graad word elke kwartaal uitgestuur. Dit dui die beoogde week waarop die
formele asesseringstake afgehandel sal word. Die eerste assesseringsprogram word vergesel van ‘n
begeleidende brief wat ouers/leerders daarop wys dat dit slegs ‘n tentatiewe beplanning is en dat daar
baie veranderlikes is wat hier ‘n rol kan speel.
Sodanige veranderlikes is:
Sodanige veranderlikes is:
- Afwesigheid/gesondheidsprobleme van leerder.
- Vermoë/vaardighede van betrokke leerders.
- Pas waarteen graadgroepe vorder.
- Moeilikheidsgraad van inhoudelike/vaardighede wat aangeleer moet word.
- Remediëring of heronderrig wat moet plaasvind.
- Holistiese benadering t.o.v. opvoeding.
- Eksterne faktore waarvoor nie beplan kon word nie, bv. voorskrifte van WKOD wat geïmplementeer moet word.
- Sosio-ekonomiese probleme.
- Emosionele probleme.